Martin Bester-konsert gekanselleer ná Jacaranda-storm

Martin Bester (Foto: Facebook)

ʼn Restaurant in Lephalale (Ellisras) het ʼn optrede deur Martin Bester weens “negatiewe publisiteit” gekanselleer twee weke voor dié sanger daar sou optree.

Die sanger was veronderstel om op 29 September ʼn vertoning by die Elephant Bull-sportkroeg in dié dorp te lewer.

Gerhardt Theron, ʼn bemarkingsbestuurder vir die restaurant, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die konsert is gekanselleer. Theron het gesê die restaurant het dié besluit geneem weens “slegte publisiteit en terugvoer van inwoners van die dorp” nadat ʼn storm onlangs om Bester en Tumi Morake, sy mede-aanbieder op JacarandaFM se ontbytprogram, se koppe losgebars het.

Morake het tydens die radiostasie se ontbytprogram op 12 September wit mense met boelies op ʼn speelterrein vergelyk. Haar uitsprake het gevolg tydens ʼn gesprek oor ʼn konsert in Nieu-Seeland wat glo gekanselleer is weens Steve Hofmeyr se betrokkenheid. Morake het tydens die gesprek gesê sy raak emosioneel wanneer swart mense by sulke gesprekke betrek word, omdat swart mense jare lank onderdruk is en “deur ʼn spesifieke groep mense geleer is hulle is minder as mense”.

Bester was nie in dié tyd direk by die uitlatings betrokke nie, maar is deur talle luisteraars en aanhangers gekritiseer omdat hy glo nie in die bres getree het vir wit mense nie.

“Ons het Bester wel maande gelede bespreek, maar ons was genoop om die konsert te kanselleer weens die negatiewe publisiteit wat tans met die sanger gepaard gaan. Ons het sy agent gekontak, en hulle het ten volle verstaan,” sê Theron.

Hy sê die sanger is tans in samesprekings met die restaurant om ʼn deposito aan hulle terug te betaal wat vroeër aan hom uitbetaal is. Theron sê ʼn verwysing in die restaurant se verklaring, wat lui “wees trots en share hierdie boodskap”, is nié op Bester gemik nie.

“Die stelling is gemik op die inwoners van Ellisras sodat hulle die boodskap kon versprei, en nie ʼn verwysing na Bester in enige sin nie. Ons wou bloot nie die negatiewe publisiteit hê nie.”

Martin Bester-konsert gekanselleer ná Jacaranda-storm (Foto: Facebook)

Corné Oosthuizen, Bester se agent, het bevestig dat die konsert gekanselleer is. Oosthuizen sê Theron het gesê die kansellasie is “vanweë die plaaslike gemeenskap se boikot teenoor JacarandaFM wat oorspoel na die restaurant” nadat dié restaurant die optrede geadverteer het.

Die vakbond Solidariteit het op 15 September ʼn memorandum aan JacarandaFM gestuur waarin die vakbond sekere voorstelle aan die stasie voorhou rakende die omstredenheid rondom een van sy omroepers se uitlatings.

Solidariteit vra in die memorandum dat JacarandaFM die volledige ontbytprogram beskikbaar stel en nie slegs die vooraf geredigeerde vyf minuut lange klankgrepe nie; dat JacarandaFM verskoning vra aan luisteraars wat aanstoot geneem het; dat die nodige maatreëls ingestel word om die toekomstige misbruik van die JacarandaFM-platform vir eensydige politieke sienings te voorkom en dat die nodige stappe teen Morake geneem word weens die misbruik van die JacarandaFM-platform.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Dinsdag gesê die stasie het nog tot Dinsdagmiddag tyd om op die memorandum te reageer. “Afhangend van hulle reaksie, sal ons besluit hoe die pad vorentoe gaan lyk,” sê Hermann.

Hy sê die kansellasie van Bester se konsert is maar net een van die bewyse dat mense se frustrasies hanteer moet word en nié geïgnoreer moet word nie. “Die reaksie was baie wyer as bloot die uitlatings op die stasie. Daar was ʼn onderliggende sweer wat stukkend gemaak is. Solidariteit is geensins betrokke by die kansellasie van die konsert nie, maar dit is ʼn bewys van mense se onderliggende woede. Daar moet gereageer word op dié woede en die dinge wat gesê is. Dit is ʼn bewys van mense wat uitskree om gehoor te word en die woede wat deursypel moet op ʼn behoorlike manier hanteer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Eish ·

Ja née, jy kan nie verwag ek moet bly dans met jou as jy aanmekaar my tone raaktrap nie, né.

JC ·

Mooi julle ou Ellisrassers,

Ons praat voortaan met die beursie!(onthou asb. 10 Oktober 2017, Oom Paul se verjaarsdag, maar OOK nasionale Afrikaner- boikotdag) . Ons is Afrikaners, en trots daarop en sal nie langer hierdie polities korrekte leuens en huigelary aanvaar nie!!
Make South Africa Great Again!

Boetman ·

Interessante opmerking daardie JC.

Afrikaner-boikot dag en “Make South Africa Great Again” – alles in dieselle paragraaf

:-)

Kom Ons Boks ·

Dit is tyd vir Jacaranda en Martin om reg te kies maar ek vermoed hy (asook Riaan) was/is heel in sy skik met Tumi se drog rasisme. Ek is wel bly dat Jacaranda se ware kleure binnekort ontbloot sal word. Ons staan bankvas agter Solidariteit!

A. Mac ·

Ek wonder of dieselfde ook gaan gebeur op Polokwane want volgens wat ek verstaan gaan hy daar ook ‘n konsert hou.

HENNA ·

Bly dit is gekanselleer ….. Jacaranda nie meer wat dit was nie

jack daniel ·

Hoera!!!!!! Ellisras!!! Hoera!!!
Goed gedaan om by jul standpunt te staan!!!
Boycot jacfm en sy trawante!!!
Hoera!!!!!!! ?

botterblommetjie ·

ai… As hy sy mond sou oopmaak sou hy sumier sonder werk gesit het… En wie kan dit bekostig.. Ek voel voor almal hom oordeel, wat sou jy werklik gedoen het… Ek eerlik, ek my werk nodig en met my vel sal ek tweede gekom het. Jip, ek sou my mond hou. Boikot jakaranda, maar nie die persoon nie. Hoe gaan hy elkgeval ander werk kry as almal hom boikot???? Help hom liewer, red hom as te ware…. (Ek nie in Jakaranda gebied nie, en nee ek ken hom nie, maar ek weet hoe ek sou optree… ek te bangai om my mond oop te maak, want ek weet waar ek gaan sit – straat- en wie gaan vir my sorg?)

Poppie ·

Ek stem saam, hy is in ‘n baie moeilike situasie. Ek hoop nie hy betaal die deposito terug nie.

Francois ·

As hy iets gese het was hy dalk sonder werk maar sy konserte sou aangaan en hy sou meer onderstuening van die mense gekry het .

Eish ·

Dit is baie waar. Dit is ” Collateral damage “. Soos met KPMG waar meer as 3000 werknemers die spit moet afbyt deur enkele bestuurslede se irrasionele besluite. Soos ons steeds die Engelse verwyt vir die konsentrasiekamp moorde en nou weer met Bell Pottinger, wat seker ook n paar goeie siele in diens gehad het. Soos al wat blank is tans omgekeerde diskriminasie ervaar as gevolg van die vorige bedeling se vergrype. Miskien moes ons liefs die kruiswoorde van ons Redder geuiter en geleef het. ” Vader, vergeef hul, want hul weet nie wat hul doen nie.” Ek weet nie.

anton ·

Ja, dit is van al die stilbly dat ons witmense is waar ons is!!!
Ons staan mos nie op vir dit wat reg is meer nie dan vra ons hoekom dit so sleg gaan met ons.
Die antwoord is voordiehandliggend

LoL ·

Ek gaan defnitief n plan maak om daar n paar biere te gaan drink …..

Ada ·

Wie nie hoor nie moet voel. Hoog tyd dat die ras-boelies ‘n les of twee geleer word. Daar gaan nog ‘n klomp van sulke gevalle kom want ons is moeg vir die tipe snert. Die libs en boelies gaan swaarkry. Hulle kry al klaar swaar – want kyk nou net! Ons boikotte werk!

Sê net ·

Ek weet darem nie of die teenreaksie teenoor Martin regverdig is nie. Mense beweer hy moes opkom teenoor blankes, maar dan was net hy tien-teen-een sy werk kwyt. Sonder om snaaks te wees, as ek in sy skoene wassou ek ook eerder swyg.

Staan op vir wat jy glo ·

Ja ek kan glo party mense sal swyg. Moenie opstaan vir wat belangrik is nie. Geld praat.
Sy lewe is verkeerd. Hoekom sal ons na sy “show” gaan kyk.

Ignatius Erasmus ·

Netjies, ek is trots op Elephant bull. Ek my self gaan die oorwinning daar vier. Dit gaan hier oor die ontwaking van ñ volk, wat die skuld en las vir alles in die land moet dra. Die selfde mense wat op Jacaranda tonne komberse en kos skenk. Vir arm mense. Wat grotendeels swart is. Martin moet nou bloei vir sy mede kolegas, laat dit ñ les wees vir ons almal. Moet nie ongeregtigheid ongeraak laat verby gaan.

Hessie ·

Ek stem saam met hul besluit. 23 jaar ná “demokrasie” raak ek nou keelvol vir sulke tipe uitsprake. Ek is trots Suid-Afrikaans.

Pietman ·

Dis nie asof dit al vanaf 1994 gebeur het nie , dit het nooit gebeur nie. Dis nou maar onlangs dat wit haatspraak bewonder en beloon word.

Lea ·

Ek se net die uitgesproke dame moet van haar werk onthef word. Sy weet sy kan se wat sy wil en sy sal geprys word, en dan het sy nog haar eie TV show ook,wat n totale mors van tv lugtyd is.

Barnabas ·

“Kom ons boelie Jacaranda FM om te maak soos ons sê sodat ons kan bewys ons is nie boelies nie.” – Solidariteit-logika.

Koeksuster ·

Ek dink elke persoon wat in die media beweeg MOET ‘n onmiddelike antwoord hê indien daar n gesprek opduik soos die van ene Tumi. Martin hoef geen kant te gevat het nie MAAR hy kon wel sê… dankie vir jou persoonlike mening maar ek dink nie die is die platvorm vir die gesprek nie. PUNT STOP END VAN DIE PRENT.

Daar sou geen gesprek na dit gewees het nie.

Knap gedaan Ellisras dit is tyd dat mense begin saam staan

Andries ·

Wat van Darren Scott?hy moes gaan by jakaranda oor sy uitlatings!nou hoe nou jakaranda?

At ·

Jammer vir Martin, hy’s ‘n goeie omroeper, miskien kan hy ‘n pos kry by bv. ‘n stasie soos Bosveld Sterio. Dit hang alles van hom af of hy by Jacaranda wil bly of nie, moet maar die gevolge dan dra. Ek persoonlik dink daar’s nie meer tyd vir politieke korrektheid nie, ons moet opstaan vir ons mense. Ek is trots oor die saamstaan van ons mense met die Spur debakel, hoop dieselfde reaksie kan verwag word met Jacaranda wat lankal die verkeerde morele waardes propageer, en dan nou dieselfde polities wil doen, Riaan een van die grootste sondebokke. Ek’s klaar met Jacaranda.

Santie ·

Ag weet julle wat? Dit is goed en wel om Jakaranda te boikot maar regtig kinderagtig om hulle adverteerders te boikot. Julle het n goeie ding begin maar nou begin ek wonder oor julle mentaliteit en soos Barnabas sê, julle is nou boelies. Dink net vir een oomblik aan die mense wat werk by die adverteerders, gaan jy met jou grootmond vir my kinders sorg?

TM ·

Jacaranda is seker nie die enigste plek om te adverteer nie? Soos enige besigheid soek jy gereeld nuwe kliente en raak van huidiges ontslae wat nie meer winsgewend is nie. Moenie die mense slegmaak wat opstaan vir wat reg is nie.

Rudy Maritz ·

Santie. Doen jouself ‘n opvoedkundige guns en gaan lees meer oor die Jacaranda boikot voordat jy ons as kinderagtig brandmerk. Onder geen omstandighede word hul adverteerders geboikot nie. Ons weet wie dit is, en ons verwag dat die adverteerders standpunt inneem. Sou julle daardie keuse uitoefen, sal daar dan vir of teen hulle besluit word. En glo my, daar is min wat ek sal mis.

Danie ·

Het iemand die Elephant Bull se kontakbesonderhede (verkieslik e-pos) sodat ek hulle geluk kan wens?

Uvonka ·

Anthony dit is juis die probleem!!!! As ons opstaan vir onsself, Afrikaans en Afrikaners dan word ons uitgekryt as boelies of die rassisme kaart word gespeel.

Ana ·

Miskien kan Tumi Martin se deposito terug betaal.. Martin jy moet opstaan vir ons witmense. Tumii zal jou trap.

Piet Pompies ·

Moet nie die saamstaan van die onderdruktes onderskat. Die stem van die Afrikaner word stil gemaak en daar is mense wat ons in die openbaar beledig. Lig loop, geskiedenis het bewys dat die Afrikaner altyd oorwin….

msp ·

Martin is verseker nie n slegte ou nie. Hy doen ook op sy beurt goeie werk. Ek persoonlik het niks teen hom nie maar verseker, ek ondersteun die boikot van blankes teen Jackaranda. Ek dink ons is almal moeg vir die dat ons altyd moet pa staan vir al die nuwe Suid Afrikaanse leiers se foute. Baie van hulle met hul groot monde was nog nie eers gebore of was nog babas in die sogenaamde ou SA maar mens sal sweer hulle kom uit die hel uit soos hulle aangaan. Ek is veral baie bly ons begin nou saamstaan. As ons so aanhou sal dinge begin verander.

Sputnik ·

Iewers anders gelees dat Eric Barnard Meubels hul R100k/mnd advertensiekontrak weens dié uitsprake teen Afrikaners staak! Saamstaan! Eendrag maak mag!

dr Sakkie van der Merwe ·

10 uit 10 vir Marius Barnard wat standpunt ingeneem het as sakeman. Kom ons ondersteun hom en koop ons meubels daar.

Rudy Maritz ·

Ironies genoeg is die “retribution” nou die boikot van alle wit besighede deur die Tumi volgelinge. Ek sal graag wil sien hoe maatskappye soos die groot voedsel groepe sal reageer om so ‘ dreigement. Sal hulle dit kan bekosting om geen kos vir so twee or drie maande te verkoop nie?

Dennis ·

Soos met alles in die lewe kom daar n tyd om te besluit waarvoor jy staan. Jyself moet besluit en dan moet jyself pa staan vir jou besluit. Mens kan op twee maniere n besluit neem. Jy kan oorgaan tot aksie of jy kan niks doen nie. Martin het verkies om niks te doen nie en nou moet hy maar die gevolge van daardie besluit dra. Ja, hy kon dalk sy werk verloor, maar dan sou die Afrikaners bankvas agter hom gestaan het en dan het Jakaranda toegemaak. Hy sou vinnig ander werk gekry het, maar hy het verkies om stil te bly!

paul ·

Ek is bly die mense staan saam,,,ek is moeg vi mense soos SY wat net uitlatings maak en nie die gevolge dra nie,,,,ek sal nooit weer na Jackaranda luister nie,

Akademie Buktu ·

Ek het al by herhaling vir SA (en elders) se Tumi’s gesê en beklemtoon dat dit nie net vir Swart mense geld nie, maar almal: Moenie vir my sê jy is my gelyke of meerdere nie. Wys my, en ek sal jou daarvoor respekteer.

Afrikaanse Knaap ·

Kyk, Martin is nou nie die beste sanger of radio omroepper onder die son nie, maar, hy is daar bo aan die lys by die bestes.
Wat het arme Martin nou gedoen om geboikot te word?
Nou verloor hy inkomste omdat Tumi en Jacaranda mense ontstel. Dis onregverdig teenoor die man.
Ek het egter ook begin Bosveld Stereo 107.5 luister. Moet sê, al is die sein ‘n bietjie sleg, is dit vir my luister genot.

Cor ·

Ons almal verloor ook inkomste as gevolg van die regering van die dag se uitsprake oor die ekonomie of ons nou skuldig is of nie ons moet daarmee saam leef so Martin moet ook maar leer om daarmeee saam te leef. Al wat h moet of moes gedoen het was om homself daarvan te distansieer, maar toe swyg hy soos die graf.

henry ·

Ja en dit maak my hartseer as ek vergelyk word met die paar wat hartelose boelies was. Ek is wit, maar my ma en pa het my maniere geleer en het ook my geleer om respek vir ander te he. Moenie my of mense soos ek vergelyk met mense wat nie van beter geweet het nie. Daai dae is lankal verby en mense weet nou al mos mooi dat die wereld nie so werk nie. Ongelukig kan dieselfde nie van hulle gese word nie want alle foute wat hulle maak word op ons voordeur gele en daarmee het ek ‘n probleem.

Oom Piet ·

Ons reaksie teenoor hierdie optrede is nie om te betoog, paaie te versper en geboue af te brand nie. Ons tree op volgens die manier wat Marius Barnard se besigheid en Ellisras se mense en andere dit doen waar dit die seerste maak.

Coenraad ·

Darrin Scott is ook mos af gehaal oor ‘n uitlating n paar jaar terug op Jaccaranda. Hoekom kan dieselfde nie hier gedoen word nie?

madels ·

Almal in hierdie land is siek en sat vir die geboelie! Die sielkunde se as n persoon jou aanhou boelie moet jy opstaan teen die boelie want anders sal die boelie net aangaan met sy geboelie. So ja, ons het begin wakker skrik in hierdie land en sit nie meer net terug met die boelies nie. Dis jammer dat Martin moet deurloop, maar ek dink dit is tyd dat as wit of swart sulke rasse haat aanhits daar daadwerklike stappe geneem moet word. Wat ons as wit mense kan doen is om nie net alles onder die mat te probeer invee om die vrede te bewaar nie maar ons moet opstaan (nie met geweld). Niemand het die reg, nie wit of swart om beledigings, onderdrukking, rassehaat of enige iets vanuit n radio uit te saai of uit te spreek teenoor mekaar nie.

Rina Kotze ·

Baie bly om te sien ons Afrikaner Wit mense staan saam! Hoop dit gebeur al meer!

Jammer, ek twyfel of sy iets gaan oorkom. Dalk as sy wit was, was sy al afgedank soos Darrin Scott en nog vele ander!

Asb ·

Wat ookal die saak, REGVERDIGES moet net kan SAAMSTAAN, maak nie saak hoe,NET VIR DIE GEREGTIGHEID van die saak, op die ou einde.

gatiep ·

Mooi man ek ken nou nie daai stasie nie maar is baie bly om te sien ons mense begin agterkom ons is net die nuwe SA se vloerlappe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.