Maties se koor hou binnekort galakonsert

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Met die jaar wat einde se kant toe staan, het is byna weer tyd vir die koor van die Universiteit van Stellenbosch se galakonserte in die Endler op Stellenbosch.

Een van die unieke werke wat die koor gaan uitvoer is ʼn toonsetting van ʼn gedig deur die Somaliese vlugteling  Warda Mohamed. Warda het op veertienjarige ouderdom saam met haar ouers na Amerika gevlug om van die burgeroorlog in haar tuisland te ontsnap. Dié werk, getoonset deur Jake Runestad, het spesiale perkussie-begeleiding en vier soliste.

Volgens die bekroonde dirigent, André van der Merwe, is vanjaar se repertoire ʼn musikale reis, met vyf werke wat vir die eerste keer in Suid-Afrika uitgevoer word.  Een daarvan is die Switserse komponis Michael Osztyga se “Jupiter”, met die subtitel “ʼn Komiese reis”. Dit is ʼn kaleidoskopiese werk wat die luisteraar letterlik op reis neem.

Nog ʼn Suid-Afrikaanse première is  “Bronze Tryptich” deur Dan Forrest.  Hierdie duet tussen koor en klaiver word saam met Elna van der Merwe en Zorada Temmigh uitgevoer.

Van der Merwe sê voorts dat die program tot vele musikale smake sal spreek.  Buiten musiek van Lady Gaga en A great big world is daar ook Afrikaanse werke van Neil van der Watt en Peter Klatzow. Daarbenewens is daar ook die “tradisionele” koormusiek wat gehore van hierdie wêreldkampioen-koor verwag.

Kaartjies kos R 145 en kan by Computicket gekoop word.  Studente met ʼn geldige studentekaart kan kaartjies vir slegs R 100 by Computicket-takke koop. Daar is twee optredes, naamlik op Sondag 27 September om 16h30 die middag en Woensdagaand 30 September om 20h00.

Om die Universiteitskoor van Stellenbosch vir ʼn optrede te bespreek,  kontak vir Jana Hattingh by 021 886  5036 of stuur ʼn boodskap na [email protected].

Luister gerus na die Universiteitskoor se vertolking van Michael Jackson se treffer Man in the mirror, wat hieronder geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.