MD se ‘Veg en bou’ betree Top-20

Die jong musiekgroep Rooksein, wat einde verlede jaar die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree het en toe weer hul plek verloor het, is terug in die 19de plek met “Kyk na my hart”.

Renier van der Westhuizen, een van die groeplede, is die sangeres Bernice West se broer.

Die musikant en radio-omroeper MD Greyling betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste posisie met ’n splinternuwe liedjie uit sy eie pen getiteld “Veg en bou”.

Die liedjie is verlede week bekendgestel saam met die burgerregteorganisasie AfriForum se veg-en-bou-plan. Die liedjie is uit Greyling se pen en vervaardig deur Ricus Nel by Hardekole Studios.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar tien snitte wat styg, ses wat daal, twee wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die Top-20 betree.

  1. Elandré – “Dag en nag”
  2. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  5. Bernice West – “Kom binne”
  6. Jay – “Te veel”
  7. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  8. Janie Bay met Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  9. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  10. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  11. Loufi – “Baas van die plaas”
  12. Fatman – “Vuil Coke”
  13. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  14. Refentse – “Stormnag”
  15. Riaan Benadé – “Spontaan”
  16. Lianie May & Jay – “Dors”
  17. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  18. Bobby van Jaarsveld met Early B – “Sprokie”
  19. Rooksein – “Kyk na my hart”
  20. MD Greyling – “Veg en bou”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mynie ·

Absoluut my gunsteling omroeper. Maak die rit huis toe elke middag so n groot plesier. Mens kom nie eers agter jy ry lank nie. Geniet hom vreeslik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.