Modder en Bloed klankbaan

Foto verskaf aan Maroela Media

Foto verskaf aan Maroela Media

Bravo weereens vir ’n A-klas produksie vanaf Coleske Artists. Enige goeie film word deur sy musiek gedra. Die musiek is so belangrik soos die film self en moet bydra om die visuele meer impak te gee. Dis deesdae ’n pluimpie vir elke goeie Afrikaanse film om ook met ’n sterk Afrikaanse klankbaan na vore te kom. Hierdie album is geen uitsondering nie en om die album te regverdig sal daar aangeraai word om hierdie briljante film te kyk wat deur Sean Else vervaardig is. Die film handel oor gebeure rondom die Anglo-Boereoorlog en gebeurtenisse in die krygsgevangenekampe. Soos die film beklemtoon die klankbaan van Modder en Bloed die nostalgie van die oorlog. Die album het ’n sterk gewyde ondertoon. Al die liedjies is staaltjies en skrewe uit die film. Van ons land se top sangers, soos Bok van Blerk, Gerhard Steyn, Corlea Botha, Adam Tas, Dewald Wasserfal, net om paar te noem, is op die album te hore. Sagte verse in gewyde harmonieë met sterk kore brandmerk die album soos enige ander Coleske- of Bok van Blerk-album. Die album het ’n sterk “De la Rey”-aanslag. Gunstelinge op die album is Corlea se “Uit klip gekap” … ’n vrou kan baie vat, want sy’s is uit klip gekap … lui die liriek. Christoph “Appel” Kotze se “Draak se rug” sal gewis ook op herhaal gesit word. Dan is daar ook die mooi verwerking en vertolking van Lianie May se destydse “Vergeet my nie” wat op hierdie album deur Burgerd Botha en die Akustika Koor gesing word. Indien jy ’n aanhanger van die film is, sal hierdie klankbaan gewis ’n moet wees vir die CD-rak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.