“Monumentaal” betree Top-20

Ruhan du Toit se jongste enkelsnit, “Monumentaal”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Du Toit het vroeër gesê die lied poog om opnuut ʼn identiteitsgevoel by die Afrikaner aan te wakker. Die musiekvideo het al meer as 54 000 kykbeurte op YouTube.

Christia Visser se jongste enkelsnit, “Wildste oomblik”, betree hierdie week se top-20 in die 19de plek. Haar vorige enkelsnit, “Kaal voor jou”, pryk ook al vir etlike weke op die top-20 en is vandeesweek in die sesde posisie.

Bernice West se snit, “Die hart”, bly vir eers in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, ses wat daal, vyf snitte wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die week hul toetrede tot die top-20 maak.

  1. Bernice West – “Die hart”
  2. Appel – “Nonna”
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Francois van Coke ft Jan Blohm – “Die toekoms”
  5. Spoegwolf – “Heen en weer”
  6. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  8. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  9. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  10. Loki Rothman – “Op my pad”
  11. Appel – “F250”
  12. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  13. Karen Zoid ft Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  14. Francois van Coke – “As ek kon”
  15. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  16. Karen Zoid ft Early B – “Deur druk”
  17. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  18. Moses Metro Man – “Lief & Leed”
  19. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  20. Elvis Blue – “Gee my net ’n vriend”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Suzette

Pragtige lied Ruhan.

petro

Spoegwolf is die beste!!!!