Mumford & Sons binnekort in SA

Mumford and sons. Foto: www.mumfordandsons.com

Mumford and sons. Foto: www.mumfordandsons.com

Die Britse rockgroep Mumford & Sons gaan binnekort in Suid-Afrika te sien wees gedurende sy drie langverwagte optredes in onderskeidelik Kaapstad, Durban en Pretoria.

“Ons het verskeie kere probeer reël om Suid-Afrika toe te kom, maar dit was altyd sonder sukses. Ons is egter opgewonde daaroor om nou in Januarie en Februarie vir drie konserte in Suid-Afrika op te tree,” het die groeplede op hul webwerf geskryf.

Die groep kom pas terug van ʼn uitgebreide toer by meer as 13 konserte oor die hele Amerika en Europa.

Computicket het voorheen op Twitter gesê die kaartjies vir Mumford & Sons se optredes is binne een minuut uitverkoop. (Die kaartjieverkope was in September 2015.)

Die groep gaan 29 Januarie in Kaapstad by die Grand Parade optree, 3 Februarie by die Botaniese Tuin in Durban en 6 Februarie by die Voortrekker Amfiteater in Pretoria.

Besoek Mumford & Sons se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reinhardt ·

Net n wysiging: Hulle het 3 optredes in Kaapstad alleen, buiten die ander optredes in die res van die land. So popular is hulle hier.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.