‘Musiek soos grond’ betree die Afrikaanse Top-20

Die Musiek soos Grond-kunstenaars (Foto: Hendri van Skoll Photography)

Die kunstenaars wat deel vorm van die Musiek soos grond-projek, Joshua na die Reën, Leon Gropp, Kaleidoskoop, Lizandra Winter, Len Muller en Liani Reynolds, maak vandeesweek hul debuut op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met hul samewerkingsenkelsnit, “Lugballon”. Dié lied betree die treffersparade op nommer 20.

Jo Black se jongste enkelsnit, “Bitter”, is verlede week uitgereik en maak reeds skoonskip op die Top-20. Die snit neem vandeesweek se no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 13 wat daal, drie wat onveranderd bly en een liedjie wat die treffersparade betree.

  1. Jo Black – “Bitter”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  4. Jo Black – “Voel jy die genade”
  5. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  6. Christia Visser – “17 Shots”
  7. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  8. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  9. Ivan Roux – “Daai ding”
  10. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  11. Refentse – “Liefdesgenerasie”
  12. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  13. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  14. Corlea – “Onbreekbaar”
  15. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  16. Juan Boucher – “Want jy weet”
  17. Spoegwolf – “Storm”
  18. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  19. Refentse – “Baie gevaarlik”
  20. Musiek soos grond – “Lugballon”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.