Musieksterre te sien by ‘laaste kuier van die jaar’

Kurt Darren (Foto: Facebook)

Die Super Sokkie-konsert wat deur aanhangers bestempel word as die gewildste sokkie-geleentheid van die jaar, word vanjaar vir ’n derde keer by Carnival City se Big Top-arena in Johannesburg aangebied.

Bekende Afrikaanse kunstenaars soos Kurt Darren, Refentse, Snotkop, Nádine en Liezel Pieters kom op Sondag 31 Desember byeen om die nuwe jaar in te sokkie.

Darren is ook een van die organiseerders van die geleentheid. “Vir die kunstenaars is dit die beste gevoel denkbaar om te sien hoe meer as ʼn duisend mense op hul liedjies dans,” het hy gesê.

Volgens Refentse kry jy nie beter as Super Sokkie nie. “Mense sokkie op die liedjie wat jy sing. Dis lekkerder as lekker,” het hy gesê.

“Julle mag nie hierdie een misloop nie. Dit gaan die lekkerste én laaste kuier van die jaar wees, so kry julle kaartjies,” het Liezel Pieters laat hoor.

Kaartjies vir die geleentheid is landwyd beskikbaar by Computicket-kiosks, Shoprite/Checkers en House & Home. Kaartjies is ook aanlyn by Computicket of by 0861 915 8000 beskikbaar.

https://www.facebook.com/SuperSokkieSA/videos/766205900229177/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suurgat ·

Ja Susan .God het ook gedans al was dit Sondag.Christene moet regtig bykom en n lewe kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.