Musiekvideo: Pieter Marcato diep herinneringe op

Pieter Marcato.

Pieter Marcato het onlangs sy enkelsnit “Ek onthou jou” uitgereik. Die musiekvideo vir dié gewilde snit is vandag (Donderdag) eerste op Maroela Media te sien.

Pieter, wat voorheen die radiogolwe getref het met enkelsnitte soos “Lekker tye” en “Swipe regs”, het verlede jaar in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel hy is gek oor die nuwe country-styl wat hy in sy musiek ontsluit het.

“Die liedjie vertel die storie van wanneer ʼn paartjie opbreek en probeer om aan te beweeg. Dis nie maklik nie, omdat hulle mekaar steeds sien by plekke in die dorpie waar hulle woon en boonop het hulle gemeenskaplike vriende,” vertel Pieter.

Die musiekvideo is deur Reinhard en Melissa Smit van Pioneer Productions vervaardig en Melissa het met die konsep vorendag gekom.

“Die storie handel oor ʼn paartjie wie se verhouding verby is, en hoe hulle terugdink aan al die herinneringe.”

Die video is by ʼn woning in Centurion-gholflandgoed geskiet en die twee akteurs in die video is Marissa van Staden en Neil Sharim van Bakgat-faam.

“Dit is vir my ʼn groot voorreg om in Pieter se video te wees. Ek en Pieter kom al ʼn lang pad en ek geniet sy musiek. Hy is baie talentvol en ek wens hom net die beste toe,” sê Neil.

Die musikante in die video is Jonny Late (elektriese kitaar), Len Botha (baskitaar) en Marguerite Swart (dromme).

“Ek onthou jou” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Kyk hier na die musiekvideo vir “Ek onthou jou”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anrich ·

Lekker Pieter!!! Kwaliteit liedjie, en briljante musiekvideo!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.