Musiekvideo: Rudi Muller sing oor dié Rots

Rudi Muller se jongste musiekvideo “Die Rots” is pas beskikbaar gestel. Foto: Verskaf.

Die sanger Rudi Muller se jongste musiekvideo “Die Rots” is van sy splinternuwe geestelike album Nuwe Dag wat pas uitgereik is. Maroela Media se leser het die kans om dié video eerste hier te sien.

Muller het in Desember by Maroela Media kom kuier en gesê hy huiwer nie om te praat oor die talle uitdagings wat hy al in sy lewe die hoof moes bied nie. Dit is juis dié uitdagings wat sy jongste album geïnspireer het.

Hierdie album kom uit sy hart, maar die aanslag bly lig en lekker, en dit is selfs perfek vir die langpad.

“Ek mag my verstout deur te sê die verwerking is so goed en lekker gedoen, dat jy selfs ʼn dansie om die tafel sal wil maak – nie uit ligsinnigheid nie – maar sommer uit dankbaarheid teenoor die Here vir die klein seëninge in jou lewe. Dit is presies wat hierdie goedvoel-album jou laat ervaar,” het Muller gesê.

Rudi glo God het ons hier geplaas vir ʼn rede. “ʼn Land vol uitdagings; maar kom ons loof die Here, geniet die musiek, want hierdie land is nie ons s’n nie – dit is God s’n. Ons is hier vir ʼn rede, op die regte tyd en regte plek.”

Wel, dit kan ʼn mens van sy nuwe album ook sê.

Rudi neem geestelike musiek na ʼn heel nuwe vlak. Sonder pretensie wys hy dat God om ons is, in die motor, selfs langs die braaivleisvuur…

Geniet die musiekvideo hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Porseleintjie ·

Hallelujah! Lankal tyd vir so ‘n album. Verby is die tyd om die Here met ‘n lang gesig te loof en prys. Dankie vir soveel blymoedigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.