ʼn Stukkie Frankryk in Harties

Die opening van die slotbrug en “I love you wall” by French Toast in Hartebeespoortdam. Foto: Annemarie Burger

V.l.n.r.:Trudi Conradie, Lika Berning, Ivan Botha en Donnalee Roberts. Foto: Annemarie Burger

‘n Stukkie van Frankryk was hierdie naweek in Noordwes te sien toe die regisseur Paul Krüger ʼn replika van die slotbrug en “I love you”-muur van Parys, Frankryk bekendgestel het in Hartbeespoort. Die brug en muur is op die stel van die nuwe fliek French Toast opgerig.

Die French Toast-koffiewinkel is oorspronklik as ʼn filmstel gebruik vir die fliek, maar soos Pretville is dit nou ʼn volwaardige restaurant wat oop is vir die publiek.

Diegene wat die opening bygewoon het, kon self hulle slot saambring om aan die brug vas te maak of ʼn spesiale French Toast-slot daar koop.

Lika Berning wat die hoofrol in die film vertolk, was daar om die geleentheid te vier en Donnalee Roberts en Ivan Botha het ook ʼn draai gemaak.

French Toast vertel die storie van ʼn fotograaf Lise le Roux (Lika Berning) wat saam met haar pa op ʼn wynplaas naby Stellenbosch woon. Nadat Lise haar oorlede ma se dagboek opspoor vind sy uit dat sy ʼn boetie of sussie het waarvan sy nooit geweet het. Wanneer sy besluit om Frankryk toe te gaan op soek na dié familielid, ontmoet sy Jean-Pierre Baptiste (Thierry Ballarin). Hy stem in om haar te help om die persoon op te spoor in ruil daarvoor dat sy die foto’s vir sy nuwe kookboek neem.

Die fliek sal na verwagting op 24 April vrygestel word.

Loer gerus na die eerste lokprent vir die film asook een van die liedjies van die klankbaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.