Nader

Leza Liversage

Leza Liversage, aanbiddingsleier en liedjieskrywer, se lewe en musiek gaan oor een ding – God.

God se eer en die uitbreiding van Sy Koninkryk kom eerste.

Sy beskou haar musiek as ‘n medium vir individue om met God te connect. Haar begeerte is vir ander om Hom beter te leer ken en te leer liefkry. Leza se hart sal altyd klop vir die bruid van God en om hulle deur haar musiek te herrinner aan hulle Eerste Liefde.

As dogtertjie het Leza se vingers vir die eerste keer kennis gemaak met klavierklawers, en vind steeds hul pad terug na hierdie simbiose. Op 14 jarige ouderdom het sy deel begin vorm van Duet gemeente Potchefstroom se aanbiddingspan en het selfs ‘n skoolsaal-opening sangbegeleier van formaat geword.

Na skool het Leza aangesluit by C-Kruis (nou 13th Floor, ‘n bediening deur die kunste), waar sy deel gevorm het van die aanbiddings span en solo’s uitgevoer het in verskeie produksies.

In 2002 begin sy studeer aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom waar sy ‘n BA Regte en Sielkunde Honns verwerf. Dis juis in hier dat Leza en Retief Burger, saam begin musiek skryf en aanbidding begin lei by die Kruispunt Studente Gemeente. Dit was dus vanselfsprekend dat sy die agtergrond stem sou wees vir Luidkeels en so die benaming “die girl van Luidkeels” verwerf het.

Sedert die eerste Luidkeels opname in 2005, tree Leza nasionaal en internasionaal op saam met kunstenaars soos Louis Brittz, Joe Niemand en was selfs ‘n aanbiddingsleier tydens die landwye Ester Konferensies van Elza Meyer.
Leza is sedert 2005 gereeld ‘n gas by geleenthede soos die SAMA-, TEMPO- en VONK toekennings, weens haar betrokkenheid op genomineerde en selfs wen albums waarop sy met haar oorspronklike komposisies en unieke stem verskyn.

Leza balanseer deesdae haar passies deur skool te hou in Pretoria en op naweke en in vakansies steeds aktief op te tree saam met kunstenaars soos Louis Brittz en Joe Niemand. Leza is ook betrokke by haar plaaslike Every Nation Gemeente. So belê sy haar tyd in die bruid en lei nuwe aanbiddingsleiers op ter uitbouing van die Koningkryk.

Leza Liversage se spore is reeds diep getrap en haar stem geliefd. Sy reik haar debuut album Nader eersdaags uit en niemand kan bekostig om dit te mis nie. Hou die donkerkop dop, sy gaan nog lank ons harte oopvlek in aanbidding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.