Nat agter die ore

Daniel Hoffmann

Daniel Hoffmann het in Middelburg grootgeword en die verhoog is geen vreemde plek vir hierdie 23-jarige nie. Hy was al reeds op die verhoog toe hy slegs tien jaar oud was. Sy liefde vir musiek en mense het net sterker geword deur die jare en vandag is Daniel besig om sy kinderdroom te verwesenlik. Toe hy in 2009 saam met Country legends, Bobby Angel en Billy Forest aan ‘n musiekvertoning gewerk het, was hulle onmiddelik bewus van die jong man se talent en net daar en dan is besluit om ‘n CD van hom op te neem. Na baie dae en nagte, in John Lindemann se JSL ateljees, is oor en oor gesoek na die regte liedjies en na baie sweet en trane en hulp van BO, is “Nat agter die ore” gebore.

Sy CD bevat uitstekende liedjies, meeste van die liedjies het ‘n tikkie boeremusiek in, sowel as lekker humor. Daniel is ook genomineer vir ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Humor / Komedie Album, saam met ander groot name soos Robbie Wessels, die Flooze en Thys die Bosveldklong. Daniel Hoffmann is nog “Nat agter die ore” in die Afrikaanse musiekbedryf, maar beslis ‘n kunstenaar om mee rekening te hou. (Leo Musiek)

Speellys

  1. Soen my op my boepie
  2. Duskant die Jukskei
  3. Jy behoort aan my
  4. Flossie moet my nie lossie
  5. Suiderland (duet met Cecilia Jane)
  6. Voordat mammie my mis
  7. Boude
  8. Polla polla polla (duet met Cecilia Jane)
  9. Wynkan
  10. Nooit weer nie
  11. Neem my saam (duet met Cecilia Jane)
  12. Vat my maak my joune
  13. Die lewe van ‘n Boerklong
  14. Wys jou muis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.