Nataniël bring hulde aan legendes

Nataniël op die verhoog (Foto: Facebook)

In 1946 was die liedjie “Come Rain or Come Shine” – ʼn snit uit die musiekspel St. Louis Woman – onmiddellik ʼn treffer. Dié liedjie is sedertdien deur meer as 40 kunstenaars vertolk en nou is dit ook die inspirasie vir Nataniël se jongste konsert.

Die sanger, skrywer en verhoogpersoonlikheid se jongste verhoogproduksie, Reign or Shine, is nog van 7 tot 10 Desember in die Atterbury-teater in Pretoria te sien.

Nataniël sing die musiek van Bessie Smith, Dinah Washington, Billie Holiday en Louis Armstrong – almal kunstenaars wat reg deur hul loopbane onder diskriminasie gebuk gegaan het, maar wat só ʼn impak op die musiekbedryf wêreldwyd gehad het dat hulle vandag steeds geliefd is.

“Hierdie is die perfekte vertoning om ’n moeilike jaar te groet en die nuwe jaar, wat hopelik ’n tyd van vooruitgang en groter gemoedsrus sal bring, te verwelkom,” lui ʼn verklaring deur die sanger.

Reign or Shine bevat ook stories in Afrikaans en Engels uit Nataniël se pen. Hy deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (baskitaar) en Peter Auret (perkussie). Alle kostuums is weer die skeppings van Floris Louw.

Die produksie word op 7, 8 en 9 Desember om 20:00 in die Atterbury-teater in Pretoria aangebied. Die konsert is op 10 Desember om 17:00 te sien. Reign or Shine is ook van 7 tot 10 Februarie in die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch te sien. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Vir meer inligting, besoek Nataniël se amptelike Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.