Nataniël deel groot nuus

Nataniël (Foto: Facebook)

Suid-Afrikaanse teaterliefhebbers kan uitsien na ’n splinternuwe teaterkonsep: Optog!

’n Video met Nataniël en Jo Black doen tans die ronde op sosiale media en dien as lusmaker vir kunste-aanhangers. Volgens ’n verklaring is Optog! die grootste enkele konserttoer deur plaaslike sangers, akteurs en musikante. Dié projek beproef ’n nuwe en innoverende manier om die kunste na gehore reg oor die land te bring. Die toerprogram belowe om ook ’n draai in Namibië te maak.

Die naam Optog! is deur niemand anders nie as die kreatiewe kaalkop, Nataniël, uitgedink. Hy is ook die gesig van die konsep.

Volgens die verklaring het Nataniël besluit om aan boord van dié konsep te spring aangesien hy nie van feeste of die feeskultuur hou nie. “Ek wil die eertydse glorie van goeie teater en werkende teaters herstel. Ek het grootgeword in klein dorpies, maar in ’n tyd toe toneelstukke en musiekkonserte deur toerende geselskappe aangebied is.

“Dit het my lewe verander, my aan die gang gehou met opwinding en die belofte van magic. Almal moet dit beleef. Optog! sê presies wat ons gaan doen: Ons marsjeer jou plek binne, bring vermaak, hoop en herstelwerk – en dan marsjeer ons na die volgende plek,” vertel Nataniël.

Hy verseker gehore dat Optog! nie net op plattelandse dorpies gemik is nie, maar ook op stede.

Vir nou is die konsep steeds in wording. “Dit is nie ’n kortermynprojek nie. Elke persoon of vertoning kan net ’n sekere bydrae maak – een maak matte skoon, een help met publisiteit, een diens klaviere, een maak vrot kleedkamers skoon, een lei oningeligte personeel op – dis ’n massiewe projek. En ons sal eers met tyd agterkom watter gemeenskappe OPTOG! se vertonings ondersteun, watter teaterbestuurders sit ons werk voort en watter stel nie belang nie,” sê Nataniël.

Die volledige toerprogram sal op 17 September vanjaar by die Atterbury Teater in Pretoria bekend gestel word.

Besoek gerus Optog! se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ben ·

Ja Nataniel, Ons doen moeite en woon jou vertooning by, toe hardloop jy so vinnig na die vertooning weg, nou is daar ‘n “Vibe”.

Sarel Strydom ·

Die lekkerste stuk nuus in lang tyd. Bou voort en mag dit ‘n groot sukses wees. Natanièl en Jo Black sasm, moet gesien word.

Linda ·

…en wat van Edit van Nantes !!! julle is oulike mense !!!

Frankryk ·

En al die tyd dink ek Nataniël woon reeds in Frankryk, daar waar sy hart is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.