Nataniël het Aardklopgangers gaande

Nataniël (Foto: Facebook)

Die uiters gewilde kunstenaar Nataniël het Dinsdag vir die eerste keer in jare ʼn draai gemaak by die Aardklop Nasionale Kunstefees en feesgangers het nie op hulle laat wag om seker te maak dat hulle nie dié lankverwagte musiekproduksie misloop nie.

Feesgangers het in massas by die Beeld-ouditorium byeengekom om Classic Nataniël te sien. Volgens Delmari van Zyl, feeskoördineerder van Aardklop, was die kaartjies vir die produksie bykans uitverkoop. “Dié ouditorium, met sy ongeveer 900 sitplekke, was volgepak tydens die twee eksklusiewe vertonings wat agtereenvolgens aangebied is,” het sy gesê.

In Classic Nataniël kombineer die sanger en storieverteller geliefde klassieke, blues- en jazzmusiek met sy kenmerkende staaltjies. ʼn Agtstuk-ensemble, met onder andere pianis Charl du Plessis, kitaarspeler en musiekvervaardiger Jean Oosthuizen en musikant Werner Spies, het gesorg vir die begeleiding.

In egte Nataniël-styl het hy deur die loop van die vertoning gereeld van kostuums verwissel. ʼn Splinternuwe koffietafelboek, Closet, bevat foto’s en stories oor Nataniël se wêreldbekende kostuums.

Volgens Human & Rousseau-uitgewers is Closet ʼn unieke, luukse visueleviering-en-versamelstuk. Nataniël kyk oor sy roemryke loopbaan van 30 jaar terug wanneer hy sy aanhangers ʼn kykie in sy klerekas gee.

Hy wys van sy eerste kostuums, stel sy drie kostuumontwerpers voor, en vertoon sy heel beste kostuums van nader. Closet, wat ook fotosessies, CD-omslae en katalogusse insluit, is ʼn fees vir die oog en ʼn ode aan ʼn besondere kunstenaar.

Closet is beskikbaar by alle groot boekwinkels asook aanlyn by Graffiti Boeke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

alida ·

Hy is een van die talentvolste kunstenaars in SA. Pragtige mens en baie baie snaaks.

Carlien ·

Ek het al 4 shows van Nataniel bygewoon en was mal daaroor!! Waarde vir geld en elke keer puik..

Anoniem ·

Ek kon nog nie n vertoning van hom bywoon nie want hy besoek nie sommer my deel vd land nie, maar ek glo my beurt sal kom. EK VREK OOR HOM

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.