Neil Somers, Spoegwolf terug in Top-20

Neil Somers is glad nie ʼn nuwe gesig in die Afrikaanse musiekbedryf nie. Hy het reeds in 2009 sy debuutalbum, Anderkant Atlantis, bekendgestel.

Sy tweede album, Hierdie hande (2016), is ook benoem vir ’n Sama (South African Music Awards) in die afdeling beste kontemporêre album van die jaar.

Sy nuwe enkelsnit, “Jy is water”, is pas bekendgestel.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Jan Jan Jan en Liezel Pieters se “Spyskaart”, Die Straatligkinders se “Kom saam” en Corné Pretorius en Hunter Kennedy se “Liefde is ʼn werkwoord”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20:

Irene-Louise van Wyk bly voorlopig in die no. 1-posisie met “Tekkies brand”.

Spoegwolf het hul jongste enkelsnit, “Silwer”, is saam met ’n musiekvideo uitgereik. Die video het reeds sowat 40 000 kykbeurte op YouTube gehad. Die groep betree vandeesweek se Top-20 in die 20ste plek.

Neil Somers se “Jy is water” is ook nuut op die week se treffersparade en neem die no. 19-posisie in.

Jan Jan Jan en Liezel Pieters se “Spyskaart” betree die Top-20 in die 18de posisie met hulle jongste enkelsnit, “Spyskaart”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, agt wat daal, vier onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die Top-20 betree.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel – “Dina”
  4. Tasché – “Baby, ek bly”
  5. Bernice West – “Hemel op aarde”
  6. Rooksein – “Damlelielief”
  7. Appel – “Boerenooi”
  8. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  9. Riaan Benadé – “Spontaan”
  10. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  11. Appel – “Hardwerkende man”
  12. Bernice West – “Sonop-blom”
  13. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  14. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  15. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  16. Kurt Darren – “Blok party”
  17. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  18. Jan Jan Jan en Liezel Pieters – “Spyskaart”
  19. Niel Somers – “Jy is water”
  20. Spoegwolf – “Silwer”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.