Nianell en Romanz se album bereik goue status

Nianell en die minnesangers Romanz se album ʼn Duisend drome het pas goue status bereik. Romanz is Louis Loock, André Venter, Adam Barnard en Burgerd Botha. Kosie van Niekerk, Select-Musiek se besturende direkteur, wat dié album in samewerking met Nianell Enterprises uitgereik het, sê: “Dié prestasie weerlê die opvatting dat net sokkiemusiek gewild is – veral gemeet aan die swak ekonomiese toestand. Musiekliefhebbers wil nie net ontvlug nie; hulle waardeer ook ernstiger musiek. Die album se prestasie op SA se amptelike Top 20-treffersparade is ook ‘n aanduiding van die gewildheid van ligte klassieke musiek.” Die album bevat 15 snitte waarvan 13 tydlose en oorspronklike nuutskeppings in Afrikaans. Dit sluit in kragtige ballades, dansnommers en geestelike snitte. (Select Musiek)

Speellys

  1. ‘n Duisend Drome
  2. Dans Saam Met My
  3. Ons Twee
  4. Dierbare Jy
  5. Time To Say Goodbye
  6. La Voix – Jou Stem
  7. My Laaste Song Vir Jou (Net Romanz)
  8. Mamma Pappa (Net Nianell)
  9. ‘n Engel Kan Ook Val
  10. Vir Jou Sal Ek Als Hier Verruil
  11. Stil Binne My
  12. The Prayer
  13. Vat My Soos Ek Is
  14. Die Plek Waar Ek Behoort
  15. Kom Terug Huis Toe

http://youtu.be/fHK-Nt3dChA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.