Nianell en die minnesangers Romanz se album ʼn Duisend drome het pas goue status bereik. Romanz is Louis Loock, André Venter, Adam Barnard en Burgerd Botha. Kosie van Niekerk, Select-Musiek se besturende direkteur, wat dié album in samewerking met Nianell Enterprises uitgereik het, sê: “Dié prestasie weerlê die opvatting dat net sokkiemusiek gewild is – veral gemeet aan die swak ekonomiese toestand. Musiekliefhebbers wil nie net ontvlug nie; hulle waardeer ook ernstiger musiek. Die album se prestasie op SA se amptelike Top 20-treffersparade is ook ‘n aanduiding van die gewildheid van ligte klassieke musiek.” Die album bevat 15 snitte waarvan 13 tydlose en oorspronklike nuutskeppings in Afrikaans. Dit sluit in kragtige ballades, dansnommers en geestelike snitte. (Select Musiek)
Speellys
- ‘n Duisend Drome
- Dans Saam Met My
- Ons Twee
- Dierbare Jy
- Time To Say Goodbye
- La Voix – Jou Stem
- My Laaste Song Vir Jou (Net Romanz)
- Mamma Pappa (Net Nianell)
- ‘n Engel Kan Ook Val
- Vir Jou Sal Ek Als Hier Verruil
- Stil Binne My
- The Prayer
- Vat My Soos Ek Is
- Die Plek Waar Ek Behoort
- Kom Terug Huis Toe
http://youtu.be/fHK-Nt3dChA