Nianell, Riana stof liedjie af vir Vrouedag

Nianell.

Die susters Nianell en Riana Nel het in 2010 die ballade “Ek is vrou” uitgereik. Dié twee kunstenaars, wat intussen van die land se grootstes geword het, het die liedjie afgestof vir Vrouedag vanjaar.

“Ek is vrou” het oorspronklik in die Nianell-album, Sand en water, verskyn en is uit Nianell se eie pen.

Volgens Nianell is dit vir haar ʼn eer om op Vrouedag vir elke vrou ʼn boodskap van hoop te gee.

“Onthou, die krag lê in jou. Jy het die keuse om te fokus op alles wat mooi is in jou lewe. Ek vertrou dat jy in hierdie oomblik sal sien hoe beeldskoon, spesiaal en geliefd jy is.

“Ek hoop jy sal hierdie oomblik gebruik om jou eie beker self vol te maak, om vir jouself om te gee en lief te hê. Om vir jouself alles te gee wat jy nou nodig het. Ek hoop jy gaan onthou wie jy is en waarvan jy deel is sodat jy nooit weer alleen hoef te voel nie.”

Luister hier na die liedjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaada ·

Teleurstellend, Nianell moes tenminste ‘n nuwe lied geskryf het!

Anna Maria ·

Ek is mal oor die Nel susters, op my top lys van beste vroue kunstenaars in ons land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.