Niemandsland deur Koos Kombuis en Stef Bos

Koos Kombuis en Stef Bos

In 2010 voltooi Stef Bos 12 nuwe werke in opdrag van ‘n Nederlandse tv-stasie, die NCRV, elkeen geïnspireer deur ‘n Bybelse figuur.

In sy eie woorde: “Ik wilde los van geloof, kerk en dogma’s twaalf Bijbelse figuren uit de context van het boek halen waardoor ze in een ander licht komen te staan en het mensen worden van deze tijd”. Dit lei tot die album In een ander licht. Ook Koos bevind hom in hierdie tyd op ’n geestelike terrein toe hy in opdrag van die skilder Marius Lourens ’n liedjie skryf vir die opening van sy Paas-kunsuitstalling. Die lirieke van Die Donkie word daarna in die Kerkbode gepubliseer.

In 2012 word Koos se CD dertien uitgereik. Daarin beskryf Koos dit waarin hy glo, waarop hy hoop en waarvoor hy lief is.

Sou dit vaderskap wees wat die twee troebadoere gelei het na sulke introspektiewe ondersoek, of bloot die vertwyfeling wat met die ouderdom kom? Watter rol het hul konserwatiewe, Christelike kinderjare hierin gespeel? Die een ’n kind van Afrika, die ander van Europa; so verskillend, dog so eenders. Is hulle uiteindelik nou “gered”, of het hulle die pad geheel byster geraak?

Koos en Stef vra hulself en mekaar hierdie vrae in die nuwe vertoning Niemandsland. Met die nodige erns en gewydheid, maar nooit sonder ’n stewige skoot humor, patos en selfspot nie. Die inhoud van die vertoning gaan ‘n samekoms wees van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is, en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is, en waar hulle eendag wil wees.

27 en 28 Februarie 2013 – DIE BOER DURBANVILLE
Bespreek by 083-4060111

19 en 20 Maart 2013 – ATTERBURY TEATER PRETORIA
Bespreek by Computicket

4 tot 6 April 2013 – ABSA KKNK OUDTSHOORN
Bespreek by Computicket

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.