Nóg Aardklop-produksies bekend

Kaartjieverkope verloop flink vir Aardklop se Opwipfees wat van 28 September tot 3 Oktober in Pretoria plaasvind.

Ekstra kaartjies en nuwe produksies en aanbiedinge word nou ook aangebied.

Dié Aardklop in die kleine, wat ʼn verskeidenheid van drama, musiek, rolprente, gesprekke, kursusse en visuele kuns insluit, word in die Atterbury-teater, by die Voortrekkermonument en die Afrikaanse Hoër Seunskool aangebied.

Produksies waarvan meer kaartjies beskikbaar gemaak is, sluit in:

–              Karnaval van die diere, met onder andere Nataniël (verteller), pianiste Charl du Plessis en Megan Geoffrey-Prins asook ’n kamerorkes.

–              Frank Opperman se debuutproduksie Ek wens, ek wens.

–              Opdrifsel met die bekroonde akteurs Tinarie van Wyk Loots en Brendon Daniels.

–              Marion Holm se Holmruggery. Daar is ook ’n ekstra vertoning 30 September 13:00.

–              Sandra Prinsloo se bekroonde Oskar en die pienk tannie.

–              Kamp, met Deon Lotz en Brendon Daniels.

–              Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran, met Dawid Minnaar.

Nuwe produksies en aanbiedinge waarvan die kaartjies nou beskikbaar is, sluit in:

– Chris van Niekerk se ʼn klein Wonderwerk

–              Wie stook watter kool en wie blus die brand, met onder andere Lizz Meiring, dr. Theuns Eloff, dr. Ismail Mahomed en Cornelia Faasen as gespreksleier

–              Ek wil drama swot, maar my pa sê dis nie regte werk nie, met Sandra Prinsloo, Christo Davids en Tinarie van Wyk Loots

–              Feeste is ʼn Freak Show!, gelei deur Alexa Strachan, met Chris van Niekerk, Deon Lotz, Brendon Daniels en Christo Davids

–              Enig en al een. Gelei deur Alexa Strachan, met Sandra Prinsloo, Frank Opperman en Marion Holm

–              Supper met die sotte. Van Suid-Afrika se skerpsinnigste komedie-akteurs ontsien geen heilige koei nie. Saamgestel deur Erns Grundling. Gespreksleier: Kabous Meiring. Met komediante Schalk Bezuidenhout, Shimmy Isaacs, Joey Rasdien en joernalis TJ Strydom

–              Prontuit kykNET – Slag ons of praat ons oor die olifant in die vertrek? Gelei deur Kabous Meiring, met prof. Anton van Vollenhoven, Lindie Koorts, Lyntjie Jaars en Danie Langner

–              KN Verslag – Munisipale verval: sal inwoners al meer self doen? Gelei deur Lourensa Eckard, met Theo Venter en dr. Theuns Eloff

–              KN Verslag in gesprek – Die Afrikaanse leier: Waar is hy of sy? Gelei deur Waldimar Pelser, met Alida Kok, Gayton McKenzie en Jan-Jan Joubert

–              KN Verslag – Word ons kwaad oor die regte goed? Gelei deur Heindrich Wynaard, met Liezel de Lange, Flip Buys en Melene Rossouw

Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za en loer na die Opwipfees-skakel. Kaartjies is beskikbaar by www.ticketpros.co.za en www.atterburyteater.co.za. Vir navrae skakel 087 527 0023 of stuur ’n e-pos na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.