Nog kaartjies vir ‘Afrikaans is groot’ in Kaapstad

afrikaans-is-grootKaartjies vir twee Afrikaans is groot-konserte in Kaapstad op 18 Maart is reeds uitverkoop, maar nou kan jy danksy ’n bykomende konsert op 17 Maart steeds dié gewilde konsert bywoon.

Die telvisieaanbieder en sanger Emo Adams sê aanhangers moet blitsig spring as hulle nie dié geleentheid vir nog kaartjies wil misloop nie.

“Die feit dat jy al die kunstenaars op een verhoog kry, ek bedoel, dit is die cream of the crop, cherry on top. Dit is soos die perfekte pizza met die regte toppings. Die feit dat jy almal kry is soos ’n lucky packet, en elke goody wat jy ooit graag in ’n lucky packet sou wil hê, het jy in dié lucky packet gescore,” skerts hy.

Konsertgangers kan vanjaar uitsien na kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch en Riana Nel.

“Aanhangers is mal daaroor om te sien hoe ’n geliefde kunstenaar soos Juanita du Plessis op die kolossale Afrikaans is groot-verhoog stap en haar gunsteling-treffers sing, net soos hulle haar ken, en soos hulle haar op radio geniet,” sê Ronel Brink, produksie-koördineerder van Afrikaans is groot. “Koop dus nou jou kaartjies!”

Die bykomende konsert op 17 Maart vind plaas om 19:00 en is aanlyn beskikbaar by TicketPro.

Vir meer inligting besoek Afrikaans is groot se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rupert Ashford ·

Wow een kaartjie om Steve, Laurika en Jannie Moolman te sien. Die res is “but that’s not all”….

Ouvrou ·

En waar is Theuns Jordaan!!!so ek gaan nie?Darem bly om te sien Steve is genoem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.