Nóg ʼn Afrikaanse musiekkonsert – en die grootste sterre sing saam

Karlien van Jaarsveld 2Nóg ʼn Afrikaanse musiekkonsertreeks maak binnekort sy buiging – dié keer die idee van Jacomien de Villiers.

Die eerste “In Afrikaans”-konsertreeks word vandeesmaand in Hartenbos in die Wes-Kaap aangebied.

Meer as 20 van sangers soos Karlien van Jaarsveld, Robbie Wessels, Jay en Lianie May, Leah, Jo Black en Theuns Jordaan is in dié konsert te sien. Die In Afrikaanse-konserte vind plaas op Woensdag 20 Desember, Sondag 24 Desember, Dinsdag 26 Desember, Woensdag 27 Desember, Saterdag 30 Desember en Donderdag 4 Januarie.

Jacomien de Villiers, besturende direkteur van Inhoud Huis en In Afrikaans, sê dié konsert beloof musiek wat met hart én siel gaan praat. “Ons glo musiek is kos vir die siel en met dié betrokke kunstenaars se gesamentlike dinamika op die verhoog gaan daar meer as een magiese oomblik wees om gehore vas te gryp in die oomblik. Elke vertoning is spesiaal vervaardig om aanhangers se siel te voed,” sê sy.

Alle skenkings wat tydens die konsert van 24 Desember ingesamel word, word geskenk aan die Hartenbos Bejaardesorg-organisasie.

Die nuwe Afrikaanse fliek, Susters, sal ook vir die eerste keer tydens die konsertreeks op 26 Desember vertoon word.

Die mooistes in Hartenbos gaan ook op die verhoog paradeer. Mnr. en Mej. Hartenbos word tydens dié konsertreeks gekroon en vanjaar se Mej. Hartenbos sal ook outomaties deel van die Top 40 in Sarie se Voorbladgesig-kompetisie wees.

Só lyk die program:
20 Desember: Dans In Afrikaans

Kurt Darren, Juan Boucher, Jay en Lianie May en Ricus Nel.

24 Desember: Kersfees In Afrikaans
Robbie Wessels, Jo Black, Douvoordag en Leah.

26 Desember: Fliek In Afrikaans
Susters met Leah, Diaan Lawrenson, Quanita Adams en Sean Marco Vorster.

27 Desember: Mnr. & Mej. Hartenbos
Jan Bloukaas, Leah, Brendan Peyper, Karlien van Jaarsveld en Georic Lomas.

30 Desember: Hartenbos In Afrikaans
Theuns Jordaan, Robbie Wessels, Karen Zoid, Jo Black, Appel, Elvis Blue, Refentse, Lianie May, Dewald Wasserfall, Leah, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Fatman.

4 Januarie 2018: Akoesties In Afrikaans
Theuns Jordaan, Riana Nel, Elvis Blue en Jo Black.

Kaartjies vir die konsert is beskikbaar by www.itickets.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kosie Kramer ·

Die laaste Afrikaanse musiekkonsert wat ek bygewoon het, was gedurende die 1970’s, as leerling van Laerskool W.H. Coetzer in The Hill, Johannesburg. Die kunstenaars was Lance James, Min Shaw, en Big Len Brauer. Dit val my nou by: ek was die klankman op Herbie en Spence se laaste optrede, wat hulle gratis, vir `n ouetehuis gehou het. Ek raak nou soos Elvis Presley, wat my woorde vergeet…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.