Nóg ʼn buitelandse musiekgroep kom na SA

Il Divo (Foto: Verskaf)

Die veelbekroonde musiekgroep Il Divo van die Verenigde Koninryk gaan later vanjaar Suid-Afrika besoek as deel van die groep se wêreldwye toer om sy 15de bestaansjaar te vier.

Die groep sal in November in onder meer Kaapstad en Pretoria te sien wees en sal nét Suid-Afrika in die hele Afrika besoek.

Il Divo, wat bestaan uit Urs Buhler, Sebastien Izambard, Carlos Marin en David Miller, het in 2003 bekendheid verwerf. Die televisiepersoonlikheid en musiekkenner Simon Cowell van X-Factor-faam het die mans byeengebring nadat hy op soek was na unieke en eiesoortige sangers om ’n nuwe klank na die wêreldverhoog te bring.

Il Divo het sedert sy ontstaan meer as 30 miljoen albums verkoop en 160 goue en platinum-toekennings in 33 lande ontvang. Van sy grootste treffers sluit in Italiaanse weergawes van “Unbreak My Heart” (“Regresa a Mi”), “I Don’t Want To Lose You” (“Si Voy A Perderte”) en “I Believe In You” (“Je Crois En Toi”).

Die gaskunstenaars tydens die plaaslike optredes sluit onder andere Zolani Mahola en Tarryn Lamb in. Die Nederlandse jeugster en Holland’s Got Talent-wenner, Amira, sal ook deel vorm van die konsert terwyl Touch of Class-duo ook gehore sal bekoor met van hul grootste treffers.

By die konsert in Kaapstad sal die groep The Voice of Angels vir Zolani as gaskunstenaar vervang.

Die vertonings vind plaas op 9 en 10 November in Pretoria se Sun Arena en op 13 November in Kaapstad se Grand Arena. Kaartjies is vanaf 8 Junie beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home.

Dié nuus volg nadat die Amerikaanse rockgroep Guns N’ Roses ook vroeër vandeesweek bekend gemaak het dat hy Suid-Afrika later vanjaar vir ʼn enkeloptrede sal besoek. Voorverkope-kaartjies open op 5 Junie. Die amptelike kaartjieverkope begin op 7 Junie. Kaartjies is beskikbaar by Big Concerts en Computicket.

Il Divo (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ilze ·

Ek het kaartjies gekry vir Guns ‘n Roses. Kan nie wag vir 29 Nov nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.