Nóg ʼn Elandré-snit op Top-20

Elandré.

Elandré se jongste enkelsnit, “Lieflik”, maak vandeesweek sy buiging op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die tiende plek.

Die musiekvideo van dié nuwe liedjie spog reeds met meer as 50 000 kykbeurte op YouTube en volgens die Despatch-boorling neem “Lieflik” luisteraars terug na hul hoërskooldae.

Die sanger se vorige uitreiking getiteld “Hand aan hand” is ook sedert April ʼn gunsteling op die top-20 en beklee tans die no. 14-posisie.

Eloff dra vandeesweek weer op die top-20-kroon met sy liedjie “Witblits”, wat vir die tweede keer die topposisie op die top-20 beklee.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier wat liedjies styg, tien wat hul plek verloor, vyf wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat sy toetrede tot die trefferparade maak.

  1. Eloff – “Witblits”
  2. Brendan Peyper – “Insomnia”
  3. Droomsindroom — “Hey sonneblom”
  4. Riaan Benadé en Jay – “Rowwe bliksem”
  5. Riaan Benadé en Ricus Nel – “Haai haai”
  6. Eloff – “Johnnie Blou”
  7. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  8. Riaan Benadé — “Spontaan”
  9. Bernice West – “Ek is nie jou X nie”
  10. Elandré – “Lieflik”
  11. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  12. Karlien van Jaarsveld en Jacob Swann – “Lief”
  13. Bernice West – “Jona”
  14. Elandré – “Hand aan hand”
  15. Rooksein – “Genade nader”
  16. Jo Black – “Sê my mamma”
  17. Ivan Roux – “Single”
  18. Bernice West en Ilán van Staden – “Soen my op my mond”
  19. Appel – “Dina”
  20. Prop – “Kwaaitjie”

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Victor Bravo (Foto: Facebook)

Die nuweling Mionette het pas haar jongste enkelsnit, “Ry of bly” bekendgestel. Dié danstreffer volg op die uitreiking van haar debuutenkelsnit, “Panado vir die pyn”, wat vroeër vanjaar bekendgestel is.

Weco van Basten en Jopie Pienaar, die manne van die musiekgroep Victor Bravo, spog ook met ’n splinternuwe enkelsnit gevul met positiwiteit en hoop.

Maroela Media het vroeër berig dat die oom-en-susterskind-duo se splinternuwe treffer, “Solank die liefde bly”, onlangs uitgereik is en beloof om ’n lig aan die einde van ’n tonnel propvol teleurstelling, mismoedigheid en storms te wees.

“Ons is almal, uit die aard van die saak, deur ’n baie moeilike tyd die afgelope paar jaar. Ek het op ’n dag net met my kitaar gesit en besef dat alles oukei gaan wees, solank die liefde bly,” het Van Basten, die hoofsanger van die groep, vroeër aan Maroela Media gesê.

Ander liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, sluit Stiaan Reynierse se “Iewers in Afrika” en Stephan Nel se “Sê dit weer”, in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.