Nóg ʼn Jo Black-enkelsnit betree die Afrikaanse Top-20

Jo Black (Foto: Facebook)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, agt wat daal en sewe wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

“Hallelujah” van Jo Black betree vandeesweek die treffersparade op no. 16. Dit is ook in sy jongste album, Voel jy die genade.

Jo Black behou die no. 1-posisie vir die vyfde week met “Voel jy die genade”.

  1. Jo Black – “Voel jy die genade”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  4. Refentse – “Liefdegenerasie”
  5. Straatligkinders – “Krake”
  6. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  7. Ivan Roux – “Daai ding”
  8. Manie Jackson – “Donker hart”
  9. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  10. Refentse – “Baie gevaarlik”
  11. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  12. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  13. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  14. 4 Werke – “Hart”
  15. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  16. Jo Black – “Hallelujah”
  17. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  18. Leah – “Ek mag jou mis”
  19. Refentse – “Reisiger”
  20. Tarryn Lamb – “Vier woorde”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Werner ·

Hoe word hierdie lys saamgestel? Byvoorbeeld is Jo Black se enigste album op iTunes beskikbaar Skepe (2017). Waar kan mens dan hierdie musiek kry?

Anja van der Merwe ·

Dagsê Werner,

Baie dankie vir jou navraag. Die samesteller van die Top-20, Pieter Cloete, neem aflaaie en gewildheid op verskeie ander platforms in ag. Jo Black se jongste album, ‘Voel jy die genade’, is beslis op iTunes beskikbaar.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Werner ·

Hi Anja, dankie, ek het weer gaan kyk op iTunes, ek sien Jo Black het 2 verskillende “Artist”-profiele. Een profiel het Skepe, en die ander profiel het Voel jy die Genade.

Dankie vir die moeite wat julle doen met die musiek!

GM ·

Die hoofopskrif gaan oor Jo Black, maar dan word ‘n video link van Karlien, wat 3 de op die lys is, ingesit?

Buffel ·

Luister gelukkig nie na Black Jo of Karlien nie. Albei ewe oppervlakkig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.