Note weerklink ná ongeluk, kanker

Erika Tolmay Foto: Facebook via Erika Tolmay

Erika Tolmay Foto: Facebook via Erika Tolmay

Die sangeres, Erika Tolmay, is slaggereed om die lewe weer stip in die oë te kyk nadat ʼn groot ongeluk in 2012 byna die lewe van haar en haar hele gesin geëis het en sy in 2014 met kanker gediagnoseer is.

Erika het in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel dié terugslag kan haar nie keer om musiek te maak nie.

Die lewe van haar en haar gesin is in 2012 handomkeer verander nadat hulle in ʼn botsing tussen KwaZulu-Natal en Krugersdorp betrokke was.

“Daar het die hele dag ʼn onrustigheid binne my gewoel,” het sy vertel oor die ongeluk op 26 Desember 2012. “Die pad was nat en ver. Ons het die vorige dag die bande van die bakkie, asook die ruitveërs laat vervang.”

Van daardie dag kan sy nie veel onthou nie. “Ons het in ʼn stadium my skoonma gebel en gesê ons is so drie uur weg van die huis. Omdat dit woes gereën het, was ons sig nie so goed nie.”

Haar man, Johan, en twee kinders, Anoeschka en Owen, was saam in die voertuig. “Die volgende oomblik het ons ʼn tou karre voor ons gesien. My man het skerp rem getrap, en die bakkie het in die regterbaan met aankomende verkeer ingespring. Van daar af kan ek niks onthou nie.”

Beide haar heupe- en bekkenbeen is vergruis en haar nek gebreek. Sy het ook beenbreuke en verskeie snywonde opgedoen. Johan het sewe ribbes gekraak en inwendig gebloei. Die linkerkant van Anoeschka se gesig was vergruis en albei haar enkels en linkerelmboog gebreek. Net Owen is met slegs ʼn skrapie uit die motor gehaal.

Sy is in Februarie 2013 ontslaan, en het later daardie jaar ʼn dubbele heupvervanging gehad. “Toe is daar weer ʼn terugslag. Ek was vir byna agt maande verlam. Op ʼn dag het ʼn ouer vrou verby my geloop, en ek het besluit, se voet hiermee, ek sál weer loop.”

Sy het weer geloop, maar is in 2014 met kanker gediagnoseer. “Dit is swaar op ʼn mens. Nes jy dink die een ding is verby, dan is daar nog ʼn terugslag. Ek is egter dankbaar om te sê ek is vanjaar skoon en sonder kanker. God is groot.”

Erika sê niks staan nou in haar pad om haar musiekdrome verder te verwesenlik nie. “Ek is tans besig met die maak van CD’s, en is opgewonde om dit binnekort vry te stel. Ek weet ek is hier oor genade wat groot is.”

Besoek Erica se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gesiggie ·

Sprei jou vlerke en vlieg…. jy wat soveel hartseer moes hervaar, en nooit gedink het dat daar eendag weer vir my n helder sonlig sal skyn… God is Almagtig… daar is Geen einde aan sy Blessings…. Mag jou CD opnames 100% verloop en May God Bless you with so much more… Als wat mooi is vir jou en jou gesin.

marie bezuidenhout ·

is baie bly Erica God se hande het jou genees saam met jou geloof lovies marie

Landi Slatter ·

Dagsê Gerhard,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.