NRG

NRG

Die vier latte van die opwindende nuwelingstingelbênd NRG gryp die ritme met vuurwarm verleiding!

Dink net: ‘n Toonaangewende, kommersiële popgroep soos Westlife en ‘n immergroen, revolusionêre pop/rock band soos die Beatles in een! Jip hier’s hulle: NRG (Energy/Energie). Abel Knobel, Christiaan Botha, Rowan Zerf en Rudolph van Wyk bestorm die trefferparades met polsende sweettapklanke: pop, rock en ballades: elektries gelaai en kitaaragedrewe! In pas met internasionale neigings bied dié talentvolle musikante ‘n album met treffermelodieë en nuutskeppinge deur Niel Schoombee, Sean Butler, Tiaan Prinsloo en Rowan Zerf.
Naas die nuutskeppinge vernuwe hulle Gé Korsten se treffer Liefling en Jak de Priester se treffer Sally Williams Nougat modern en vars. In Engels vat St. Elmo’s Fire (Man in Motion) behoorlik vlam en Rowan Zerf se nuutskeping Fractured Soul sal die Engelse radiogolwe laat gons.
Daar is die op-en-wakker vreugdes Mayday, Hoe doen jy wat jy doen? en Hey Miekie, die rockmokersnitte Sal jy my bederf met nog ‘n soen? en Gee my meer, ritmiese romanse op Die anderkant en Jy is , die pragballades Baby, ek mis jou en Hoe voel jy nou? en die toonvenstersnit – Die dag as ek jou moet verloor: bekoorlik kontemporêr!
Ontmoet Christiaan Botha, die blondekop, blou-oog-hoofsanger en kitaarspeler van die groep. Sy jeugdige voorkoms en romantiese aanslag maak die knieë lam, maar sy betowerende, musikale stem gee die finale deurslag. Warm uit die oond van die South Down Musiekkollege verskyn ‘n tiener-sensasie, die veelsydige- en talentvolle Abel Knobel. Hy bemeester die baskitaar, klawerbord en tromme en spog ook met ‘n voortreflike baritonstem.

Rowan Zerf word ontplooi as die musiekdirekteur van die groep. Kitare, klawers, tromme, mondfluitjie en bykans enigiets wat ‘n noot kan voortbring, is sy kos. Sy stem is ‘n verrassende vars bries en hy spog met indrukwekkende optredes die afgelope tien jaar op twee vastelande.

Om die kroon te span as die polsslag van hul energieke optredes, is die nuutste byvoeging die entrepreneur, Rudolph van Wyk. As ‘n deurwinterde tromspeler en sanger het hy menige kunstenaars oor die jare bygestaan as ‘n voorslagmusikant en boonop is hy ‘n energieke fiksheidsfanatikus.

Klits al dié elemente saam en jy kry NRG: energie sónder brieke! (Select Musiek)

Speellys

  1. Mayday
  2. Hoe doen jy wat jy Doen
  3. Die dag as ek jou moet Verloor
  4. Liefling
  5. Die Anderkant
  6. Baby ek mis Jou
  7. Jy Is
  8. Fractured Soul
  9. Sally Williams Nougat
  10. Hey Miekie
  11. St Elmo’s Fire (Man in Motion)
  12. Gee my Meer
  13. Hoe voel jy Nou
  14. Sal jy my bederf met nog ‘n Soen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.