Nuwe app gee Afrikaanse musiek ‘n hupstoot

jooxDie splinternuwe musiekstroom-app, JOOX, wat Suid-Afrikaners in staat stel om musiek gerieflik te ontdek en te luister waar hulle ook al is, is nou ook propvol Afrikaanse treffers.

Baie van dié Afrikaanse musiek is eksklusief op die app beskikbaar.

Die app bied ’n gratis sowel as ’n betaalde BBP-opsie, wat gebruikers in staat stel om musiek te stroom sonder om data te gebruik. Nóg ’n voordeel is drie verskillende stroomgehalte-opsies wat gebruikers toelaat om hul data te beheer.

Brett Loubser, uitvoerende hoof van Tencent Africa Services, wat die app ontwikkel het, het gesê JOOX het reeds in die vier markte sedert dit vrygestel is, die ander musiekstroomdienste uitgestof. “Die kombinasie van ons opkomende markte-musiekmodel en die ervaring van ons plaaslike span, maak JOOX ’n eerste vir Suid-Afrika,” het hy gesê.

Benewens al die plaaslike Suid-Afrikaanse musiek wat reeds op die app is, het Coleske Artists, die vervaardigers van Afrikaanse is Groot, ook hul musiek eksklusief vir musiekstroming op JOOX gelaai.

Volgens Loubser het JOOX kontrakte met verskeie internasionale platemaatskappye wat ’n wye verskeidenheid internasionale musiek en treffers op die platform verseker. Plaaslike inhoud maak die spektrum van inhoud wyer en bou ’n sinvolle sakemodel vir Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Arnold Coleske, hoof van Coleske Artists, sê JOOX bied ’n unieke platform om seker te maak kunstenaars se musiek is digitaal beskikbaar vir hul gehore. “Die tegnologie en sake-moontlikhede wat Tencent na die tafel bring maak dit moontlik om voort te bou op die gehalte wat ons aan ons gehore bied. Ons kon nie anders as om daarby betrokke te raak nie.”

“JOOX is werklik goeie nuus,” het Bobby van Jaarsveld beaam. “Ek is opgewonde dat my musiek saam met vele ander kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Jay, Riana Nel, Laurika Rauch en Steve Hofmeyr op JOOX beskikbaar is. Die lekker ding van die app is dat dit maklik is om te gebruik.”

Ook Brendan Peyper, ʼn bekende in die Afrikaanse musiekbedryf, kan nie uitgepraat raak oor JOOX nie. “My gehore is konstant op hul selfone en dit is hul primêre kommunikasie-medium. Ek is opgewonde dat hulle nou ook al my musiek op JOOX kan luister en ontdek. Ons kan nie stilstaan met tegnologie nie,” het hy gesê.

Die sangeres Monique Steyn, wie se nuwe album Mosaïek reeds op JOOX beskikbaar is, sê die belangrikste vir haar is dat die app so gebruikersvriendelik is. “My vriende kan nie glo hoe maklik dit is om die musiek te luister en watter spesiale funksies daar op die app is nie. Dis veral handig om jou speellyste op jou foon te stoor sodat jy nie data hoef te gebruik as jy byvoorbeeld op die pad is nie,” het sy gesê.

Gebruikers wat JOOX aflaai kry hul eerste maand gratis VIP-toegang sowel as die Feemium-opsie. Die betaalde BBP-funksie sal daarna R59.99 per maand kos en twee weke se VIP-toegang sal jou R29.99 kos.

JOOX kan nóú gratis afgelaai word in die Google Playstore en in die IOS App store. Vind meer uit oor JOOX by www.joox.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.