Nuwe Bernice West-, Rooksein-snitte maak buiging op Top-20

Bernice West (Foto: Verskaf)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 12 wat daal en twee liedjies wat onveranderd bly. Drie nuwe liedjies maak ook hulle buiging op die Top-20.

Ivan Roux het verlede week se Top-20 op nommer 19 betree. Hy val die week met een plek terug na nommer 20.

Nuwe uitreikings wat hierdie week op die Top-20 pryk, is Bernice West se “Jona”, wat Vrydag bekendgestel is, saam met nuwe musiek deur Franja du Plessis en Christia Visser. Rooksein se “Genade nader” is op 8 April bekendgestel en neem ook hierdie week ʼn posisie in op die Top-20.

Elandré neem die topposisie in met “Hand aan hand”. Die musiekvideo vir die liedjie het reeds meer as 56 000 trefslae op YouTube sedert dit verlede Vrydag uitgereik is.

  1. Elandré – “Hand aan hand”
  2. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  3. Eloff – “Johnnie blou”
  4. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  5. Spoegwolf – “Bring my geweer”
  6. Rooksein – “Genade nader”
  7. Bernice West – “Jona”
  8. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  9. Franja du Plessis – “My lief”
  10. Dewald Wasserfall – “Bedoel”
  11. Eloff – “Geheueverlies”
  12. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  13. Riaan Benadé – “Spontaan”
  14. Brendan Peyper – “Stop die wêreld, ek moet afklim”
  15. Bernice West – “Dink aan jou”
  16. Appel – “Dina”
  17. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  18. Kurt Darren – “Meisiesfontein”
  19. Christia Visser – “Handgranaat”
  20. Ivan Roux – “Opsoek na liefde”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Die tweeling Darren en Justin Oates het op hoërskool al begin om klavierstukke te komponeer, maar hulle was te skaam om te sing. Dinge het spoedig verander namate hulle meer selfvertroue ontwikkel het.

Darren en Justin skryf steeds hulle eie musiek en hoop om ʼn nuwe pop-klank in Afrikaans te vervaardig en te ontwikkel. Hul jongste enkelsnit, “Ek mis jou hierdie keer”, is pas uitgereik.

Dewald Wasserfall is ook terug met ʼn langverwagte nuwe lied, “Bedoel”. Dié liedjie kom uit Wasserfall en Danny Smoke se pen en gaan daaroor om met dankbaarheid na verhoudings te kyk wat nie uitwerk nie.

Soms is dit niemand se skuld nie, en dan moet mens die goeie tye onthou en mekaar vergewe vir die slegte tye, vandaar die lirieke: “Ek haat jou nie, ek mis net die gevoel; as jy sê jy’s lief vir my en dit bedoel”.

Ander liedjies wat ook die week bekendgestel is, sluit in Rooksein se “Genade nader”, Herman Kleinhans en Jan Blohm se “Waar’s jy”, Franja du Plessis se “Gee my ʼn boerseun”, Christia Visser se “Handgranaat” en Bernice West se “Jona”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.