Nuwe Bok-snit betree Top-20

Dit is vanjaar 15 jaar sedert Bok van Blerk bekendheid verwerf het met sy lied “De la Rey”. Hy het verlede week dié mylpaal gevier deur ʼn splinternuwe enkelsnit getiteld “Dis wie ons is” uit te reik.

Die liedjie maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 17de plek. “Dis wie ons is” is geskryf deur Van Blerk, Christoff “Appel” Kotzé en Arnold Coleske.

Riaan Benadé neem weer die no. 1-posisie in met “Spontaan” terwyl Bernice West se “Kom binne” die tweede plek beklee.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal, vier wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die treffersparade maak.

  1. Riaan Benade – “Spontaan”
  2. Bernice West – “Kom binne”
  3. Elandré – “Binne & Buite”
  4. Riaan Benade – “Gooi nog ʼn whiskey”
  5. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”
  6. Elandré – “Dag en nag”
  7. Loufi – “Baas vannie plaas”
  8. Bernice West – “Sonop-blom”
  9. Ruhan du Toit – “Die mite”
  10. Bernice West – “O kind”
  11. Rooksein – “Kyk na my hart”
  12. Fatman – “Vuil Coke”
  13. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  14. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  15. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  16. Elandré – “Waar die wind my waai”
  17. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  18. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  19. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  20. Refentse – “Stormnag”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.