Nuwe CD: “Mammas mag maar” deur Hettie Brittz

Hierdie CD vir ma’s is bedoel om ‘n ma diep te laat asemhaal en verlig te laat sug. Dis die ideale geskenk vir elke ma wat haar bes probeer maar dit nie noodwendig altyd regkry om by die standaard uit te kom wat sy of ons kultuur aan haar stel nie.

Sy gaan op tong-in die-kieswyse weer bevestiging kry van die wonderlike feit dat ma’s nie perfek hoef te wees nie. ’n Ma se liefdevolle moederhart hoef nie net op een manier te klop nie. Dit bevry ma’s van al die moets en moenies deur ‘n paar “mag maars” met elke ma te deel. Ma mag maar… op onmoontlike tye huil, maak of ma haar eie kinders nie ken nie, die kos brand, winkels vermy totdat al die kinders mondig is, en vele meer. Die alledaagse stryd en die snaakse oomblikke van ma-wees word met deernis en humor gedeel, sodat elke ma die verblydende boodskap kry: Ma hoef glad nie ‘n superma te wees om my ma te wees nie!

“Vandag se ma’s moet lyk asof hulle nog nooit baba’s gehad het nie, moet tyd vind om hulle naels professioneel te laat doen, en boonop glutenvry en lae GI-kosse kook. Hulle moet by al hulle kinders se aktiwiteite wees, met alle huiswerk help maar nie oorbetrokke wees of hulle mans afskeep nie … Is daar enige ma wat by al die eise kan uitkom? Ek deins al ‘n maand voor Moedersdag terug vir die onafwendbare voorlesing van Spreuke 31 tydens die jaarlikse moedersdagkerkdiens. Hulle verloor my wanneer dit by die deel kom waar die deugsame moeder deur die nag naaldwerk doen. Knope aanwerk ses maande nadat hulle afgekom het tel onder my naaldwerktopprestasies. Ek wonder dan of die e-posse wat ek snags beantwoord of die verslae wat my vriendinne snags tik dalk punte tel? Ek hoop sowaar dit doen, anders maak ek dit nie!” skryf Hettie Brittz oor dié inspirerende CD.

Snitte op die CD:
1. Kitskos opdis
2. Slof en snuif
3. Bewe en bid
4. Vlugfantasieë koester
5. Jaarringe dra
6. Slegte punte kry
7. Opgegee word vir aanneming
8. Uit die oudedoos wees
9. U-draaie maak
10. Klink en spog

Bonus musieksnitte op die CD:
1. Leza Liversage – In Sy oë
2. Van Wyk – Lig en vry
3. Louis Brittz – Psalm 16 Wat ek ontvang het…
4. Duis:Lig – Ek sal wag
5. North Point (Seth Condrey) – You alone
6. Wholehearted – Hope is here

Die CD is eksklusief op Merchant Music se webwerf beskikbaar. Klik hier om die CD te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Renske Du POreez ·

M-O-Y-H-E-R

”M” IS FOR THE MILLION THINGS SHE GAVE ME.
”O” MEANS ONLY THAT SHE’S GROWING OLD.
”T” IS FOR THE TEARS SHE SHED TO SAVE ME.
”H” IS FOR HER HEART OF PUREST GOLD.
”E” IS FOR HER EYE’S WITH LOVE-LIGHT SHINNING.
”R” MEANS RIGHT,AND RIGHT SHE’LL ALWAYS BE.
PUT THEM TOGETHER,THEY SPELL MOTHER”,
A WORD THAT MEANS THE WORLD TO ME.

Petro Kilian ·

Ma wees is om 24/7 daar te wees as my kinders my nodig het ek praat nog steeds van my seuntjie hy is getroud en het n seuntjie Ma wees is om altyd liefde toewyding en respek te toon ,baie belangrik is om elke dag vir jou kinders te se hoe lief jy is vir hulle hoe jy jou kinders grootmaak sal eendag by hulle gesien word so wees altyd n voorbeeld al gaan dit swaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.