Nuwe CD

DJ Ossewa

Die Ossewa het lank en swaar deur die drif getrek gekom, met lang aande in die ateljee, baie dink en sweet om lirieke te skep, baie grappies en planne om hulle gehore weer te laat skaterlag… en uiteindelik ‘n wen produk, Nuwe CD!!!! Die gewilde groep DJ Ossewa se nuwe album is pas vrygestel en spesiaal vir hulle getroue ondersteuners en natuurlik die nuwe ondersteuners. Hierdie nuwe CD is plofbaar en baie aansteeklik! Net reg vir ‘n lekker partytjie!

Die album bestaan uit 16 snitte, waarvan Trompie en die Boksembende afgestof en nuutgemaak is. DJ Ossewa vermaak met lekker lewendige komiese dansmusiek wat die dansvloere heelaand volhou en die gehoor op hulle voete hou…. En natuurlik die Ossewa aan die rol hou!!! DJ Ossewa se lede was self verantwoordelik vir 12 van die snitte en Johan Ferreira (beter bekend as Joe F) het ook ‘n bydrae gelewer met ‘n treffer, Cherrie Rooi Lippe. Die opname is hanteer deur Riaan van Wyk en Ian Vos by Maroela Studios en Pierre van der Westhuizen was die Uitvoerende Regisseur. Ervare musikante soos Ricus Nel; Floors Oosthuizen; Vinnie Henrico en Jasper van Resnburg is gebruik om van hierdie produksie ‘n wenner te maak.

Daniel Jacobus; Raapie Knapie (in memorium), Piet Pompies en Jerbes die Leeuboer is ‘n huishoudelike naam in die Afrikaanse Musiekbedryf en die groep se gewildheid groei daagliks. Hierdie manne het hulself reeds deur-en-deur bewys as een van die groot suksesstories van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Met hulle Progressiewe Alternatiewe Boere Afrikaanse Musiek het hulle ‘n mark en genre van hul eie geskep en kraai hulle koning. Ossewa-woema is hulle eie, baie persoonlike nismark. Hulle wenresep om kultuur van toeka tot nou te vermeng maak van DJ OSSEWA moderne Africana en ‘n inheemse produk om op trots te wees.

DJ Ossewa was in 2009 die wenners van ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste DVD en is in 2010 genomineer vir ‘n Vonk Rapport Afrikaanse Musiektoekenning. (Maroela Musiek)

Speellys

  1. Intro
  2. Vasvat
  3. Klim in jou kar en ry
  4. Cherrie rooi lippe
  5. Pasop vir Grrrrrrr
  6. Hey Mamma
  7. Oops Didi Didi
  8. Klap Klap die song
  9. Onthou jy nog?
  10. Trompie en die Boksembende
  11. Die skilpadliedjie
  12. Ek lyk so lekker
  13. ‘n Man bly maar ‘n man
  14. Prokureur
  15. Die skuur van Oom Daan
  16. She loves you

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.