Nuwe Elton John-musiek op pad

Elton John vroeër vanjaar by die iHeart Radio-toekennings in Los Angeles, VSA. (Foto: Kevin Winter/ Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Elton John (74) het Woensdag aangekondig dat hy ʼn album wat tydens die staat van inperking opgeneem is, gaan uitreik.

Sterre soos Stevie Wonder, Gorillaz, Miley Cyrus en Wonder verskyn ook in die album getiteld The Lockdown Sessions.

“Ek sou nooit in ʼn miljoen jaar kon dink dít is die jaar waarin ek ʼn album gaan uitreik nie,” het die ster gesê, wat die staat van inperking in Los Angeles en Engeland deurgebring het.

Van die opnames is gemaak terwyl “baie streng veiligheidsmaatreëls” gegeld het.

“Ek het gewerk saam met ander kunstenaars, maar ons was geskei deur glasvensters,” het hy gesê.

“Om pret te hê tydens die inperking was ʼn voorreg.”

Die album sal in Oktober die lig sien. John is tans op ʼn lang afskeidstoer wat tot 2023 sal duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.