Nuwe FAK Sangbundel sien binnekort die lig

Die FAK Sangbundel volume II word vanjaar amptelik by Aardklop nasionale kunstefees bekendgestel met ’n spesiale FAK konsert genaamd ‘FAK’ Fantasties. Met musiek van Koos du Plessis, Anton Goosen, Chris Chameleon en al die groot liedjieskrywers van die afgelope tyd, beloof dit om ’n viering van die beste Afrikaanse musiek te wees.

Met Theuns Jordaan, Jak de Priester, Anna Davel, Ollie Viljoen, Brandon October, Mathys Roets, Pieter Smith, Bad Habits (sanggroep met Anneke Visagie, Karen Wessels, Heidi Edeling, Fanie Fouche, Roelof Colyn) en die Puk-koor. Musiekregie: Janine Neethling. ’n Eenmalige vertoning by Clover Aardklop! As jy deel van die uitverkorenes wil wees, kry vir jou ’n kaartjie teen R150 in die goue sirkel. Andersins kan jy ’n stoel huur vir R5, of jou eie bring

Om die bekendstelling te vier, het die FAK Saterdagaand  ʼn spesiale geleentheid in Pretoria gehou om afskeid te neem van die vorige FAK liedjies en die mense bietjie bewus te maak van al die nuwes. Die geleentheid is aangebied tesame met die studente groep van Potchefstroom Ken jy tant mossie.

Die groep bestaan uit vier musikante wat ou bekende FAK liedjies weer bietjie ‘oemf’ gegee en gekombineer met nuwe liedjies. Steffie le Roux, Babette Viljoen, Werner Ferreira en Izelle Claassen het ’n gehoor van meer as 200 mense weer lekker laat FAK liedjies sing. Corneels Schabort wat die teks voorgelees het, het die gehoor lekker vermaak.

Die gaste is verwelkom met vetkoek en maalvleis asook ’n koppie boeretroos. Na die vertoning is die koue weg gedryf met ’n sappige koeksister en ’n melktert saam ’n koppie koffie.

Die nuwe FAK Sangbundel sal vir die eerste keer by Aardklop gekoop kan word. Vooraf bestellings kan geplaas word deur jou naam en die woord FAK te SMS na ‘34388’ Kraal uitgewers sal jou kontak met meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.