Nuwe fees vir die hele SA

Foto: Facebook/ Bokjol music Festival

Foto: Facebook/ Bokjol music Festival

ʼn Nuwe Afrikaanse fees is die afgelope naweek tydens die Neon Run-wedloop in Johannesburg aangekondig. Volgens ʼn woordvoerder is dit nie ʼn gewone “dop-en-tjopfees nie”.

“BOKJOL se visie is ‘n samekoms van al Suid-Afrika se kulture oor een naweek – om Suid-Afrikaans wees te vier,” sê Anele du Plessis, woordvoerder van die fees.

Die Bokjolfees sal vanjaar tydens Erfenis-naweek van 23-25 September by die Magaliesberg-rusoord gehou word.

Kunstenaars soos Jack Parow, Kurt Darren, Koos Kombuis, Prime Circle, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Elvis Blue, Dr Victor en die Rasta Rebels, Die Flooze en Wonderboom sal by die fees optree en die gewilde komediant, Schalk Bezuidenhout, sal seremoniemeester wees.

Rondawels en kampgeriewe is beskikbaar en gemaklike slaapsale met stapelbeddens en badkamers in aparte geboue, met gemeenskaplike kombuise en eetsale, is ook beskikbaar.

Eenvoudige eenhede met hul eie badkamers, patio’s en kombuisies is ook beskikbaar in houthuisies met plek vir tot 4 mense en chalets met plek vir tot 6 mense.

Verskeie kroeë sal drinkgoed verkoop, maar feesgangers kan hul eie drank en eetgoed saambring. Geen glase word egter toegelaat nie. Oorgenoeg braaigeriewe sal ook beskikbaar wees. Kinders onder 18 jaar word nie by die fees toegelaat nie.

Kaartjie en verblyf-pakette begin by R649 vir al drie dae. Kaartjie en akkommodasie pakkette te koop vanaf 25 Mei 2016.

Besoek Bokjol se Facebook-blad of webwerf vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DMC de Koker ·

Ag asseblief!!!!

Ek as Christen distansieer myself hiervan as ek van die “kunstenaar” se name so kyk

Reinhardt ·

Watter kunstenare? Hulle almal lyk vir my heel ok. Met die uitsondering van Kurt natuurlik.

Andre ·

Spyker op die kop geslaan. Met Jack Trash voor in die koor.

Nuwe fliek ·

Maroela, kan julle n berig doen oor die nuwe Afrikaanse fliek Mignon Mossie van Wyk. Ek weet nie hoekom ek n berig oor die fliek Vrystaat sien maar tog nie oor hierdie goeie fliek nie.

HENNA ·

DMC & DRIES het nie kon dink ‘christene’ lees koerant of MAROELA ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.