Nuwe musiek: Christi en Roux Cloete


Esli Cloete. Foto: Verskaf.

Esli Cloete. Foto: Verskaf.

Die kontemporêre- en Afrikaanse-country mark is besig om stadig maar seker te groei. Die nuutste toevoeging tot die mark is Christi en Roux Cloete.

Dié getroude paartjie sing al van universiteit af saam en het onlangs hul nuutste liedjie, “Alles naby my”,  vrygestel wat baie goed vaar op verskeie radiostasies se treffersparades.

Christi beskryf hul musiek as eerlik, rou en persoonlik. ”Ons skryf oor goed wat ons na aan die hart lê.”

Haar man, Roux, het reeds in 2012 ʼn album uitgereik getiteld Perfek, maar het besluit om sy weder(beter)helf by die volgende projek te betrek.

“Alles naby my” is spesiaal vir hul dogter, Esli (2), geskryf. “Ons wou graag ʼn liedjie vir haar skryf oor ons drome en wense vir haar,” sê Christi.

Maroela Media het met Christi Cloete gesels oor hul musiek.

Besoek gerus Itunes om dié liedjie te koop of hul Facebook-blad vir nog inligting.

https://youtu.be/eDZpbs36pF0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.