Nuwe seisoen

Tanya van Graan

Van supermodel tot TV-aanbieder tot sepiester tot internasionale rolprentster… en nou Afrikaanse popsensasie. Min mense kan spog met omtrent elke “titel” in die vermaaklikheidsbedryf, maar Tanya van Graan is een van daardie talentvolle mense wat so te sê alles kan aanpak met sukses! Tanya van Graan spog met haar debuutalbum, Nuwe Seisoen, wat pas deur Leo Musiek en Celebrity Music Records uitgereik is. Nuwe Seisoen bevat nuwe snitte wat spesiaal vir haar geskryf is deur Pierre Rossouw, Dewald Wasserfall, Dirk van Niekerk en Waldo Greeff. ‘n Nuwe verwerking van Andre Schwartz se “Ek wil jou nooit weer sien” gaan weer ‘n treffer wees in dansplekke.

Die opnames is gedoen by Noted Music deur Dirk van Niekerk en bekende musikante soos Floors Oosthuizen en Jasper van Rensburg werk saam met Tanya op haar debuutalbum. “Dit was nog altyd my droom om my eie solo CD vry te stel”, sê Tanya. Na Bok van Blerk en die mossies waarvan ek deel was het ek net nog nooit tyd gekry om my droom te verwesenlik nie. Ek het ‘n besluit gemaak om 2010 my debuutalbum uit te reik en ja, hier is hy nou!”

Tanya se debuutalbum is ‘n lekkerluister album wat die voete gaan laat jeuk om saam te dans. Die album kan beskryf word as ‘n Afrikaanse Miley Cyrus album wat tot die jong en ouer mark “appeal”. Tanya van Graan betree ‘n nuwe seisoen, nie net in die musiekbedryf nie, maar ook in haar lewe… sy verwesenlik deur hierdie album haar droom en leef haar behoorlik uit. Luister gerus… dis ‘n aangename verrassing!!!! (Leo Musiek en Celebrity Music Records)

Speellys

  1. Jy bly myne
  2. Ons is vir ewig
  3. Kom terug na my
  4. Sukkel
  5. Ek weet jy sal
  6. Nog ‘n bietjie nader
  7. My baby is weg
  8. Ek wil jou nooit weer sien
  9. Jy kom van bo
  10. Horison va my hart
  11. Sien jy nog kans vir my?
  12. Sprokie verby
  13. Droomvanger

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.