Nuweling Ché, Demi Lee betree Top-20

Snotkop en Ché. (Foto: Christiaan Wolf)

Die jong sangeres Ché, voorheen van die groep “MuzikKids”, se debuutenkelsnit “Ek like hoe jy dans” is pas bekendgestel. Die liedjie is saam met Snotkop opgeneem en betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Demi Lee Moore se jongste enkelsnit, “Maak my jou tequila”, betree ook vandeesweek se Top-20 in die 16de posisie. Dié liedjie is geskryf deur Johan Oberholzer.

Demi Lee verduidelik: “‘Maak my jou tequila’ is ’n metafoor vir die een ding wat jou ander helfte altyd bo jou sal kies. Dit kan ʼn loopbaan, sukses, alkohol óf iemand anders wees. En, al wat ek vra is, maak my jou nommer een. Dalk, as hulle dieselfde tyd en aandag aan jou gee, mag jy beter wees as die tequila wat hulle ken.”

Riaan Benadé se “Gooi nog ʼn whiskey” neem die week die no. 1-posisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, sewe wat daal en drie wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree.

  1. Riaan Benade – “Gooi nog ʼn whiskey”
  2. Elandre – “Dag & nag”
  3. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  4. Refentse – “Stormnag”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  7. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  8. Margot – “Tydelike afleiding”
  9. Appel – “Nonna”
  10. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  11. Spoegwolf – “Swart vere”
  12. Bernice West – “Die hart”
  13. Jo Black – “Sing”
  14. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  15. Refentse – “Daai deng”
  16. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  17. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  18. Loufi – “Boude”
  19. Jay & Lianie May – “Dors”
  20. Ché ft Snotkop – “Ek like hoe jy dans”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vonkprop ·

Trots Afrikaans. Uitstekende liedjie en video. Ons hoef glad nie meer terug te staan vir internasionale videos nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.