Ongekende belangstelling in Strandfontein-fees

Strandfontein (Foto: Verskaf)

Die feesbestuur van die Madeliefie Makietie-fees in Strandfontein in die Wes-Kaap is verstom oor die belangstelling onder feesgangers in dié Weskusfees.

Cindy Schade, woordvoerder van die fees, vertel in ’n verklaring dat vanjaar se reaksie op die fees ongekend is nadat hulle besluit het om die fees vir die tweede keer in Strandfontein aan te bied.

Die Madeliefie Makietie-fees vind vanjaar op 26 en 27 Oktober in dié kuslangse dorpie plaas.

“Die fees raak net elke jaar groter en groter. Strandfontein se lieflike ligging, die ongelooflike uitsig oor die see, Weskus-gasvryheid en die joviale atmosfeer wat eintlik ook die begin van die somer aandui, is ’n absolute wenresep,” erken Schade.

Die country-kunstenaars by vanjaar se Madeliefie Makietie-fees. (Foto: Verskaf)

Schade vertel dat die feesbestuur gevolglik besluit het om veral die Suid-Afrikaanse countrymusiek-liefhebber ook in ag te neem. Die kunstenaars Lance James, Barbara Ray, Clive Bruce en Tommy Dell is ook nou aan boord tesame met die stewige getal van 20 van die land se bekende kunstenaars op drie verhoë oor die hele feesterrein. Dié kunstenaars sluit in: Leah, Jo Black, Willem Botha, Irene-Louise van Wyk, Lee Scott, Karlien van Jaarsveld, Majozi en Snotkop.

“So baie van ons het grootgeword met die countrylegendes en om hulle almal saam op een verhoog te sien, gaan beslis vir talle mense ’n droom wees wat waar word.”

Schade moedig feesgangers aan om kaartjies te koop en saam te kom kuier.

Besoek die Madeliefie Makietie-fees se webwerf vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Ons is bly dit bly die fees bly net groei, nooi asb Stephan Visagie volgende jaar om op te tree, hy is ‘n talentvolle liedjie skrywer en sanger met hordes volgelinge

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.