Onverwagse kunstenaar verkoop meeste CD’s in 2016

Mozart, oftewel Wolfgang Amadeus Mozart (Foto: Biography.com)

Mozart, oftewel Wolfgang Amadeus Mozart (Foto: Biography.com)

2016 se topverkoper sing nie. Hy tokkel ook nie die kitaar nie en toer nie. Inteendeel, niemand wat leef, het hom al ooit ontmoet nie.

Die klassieke kunstenaar Mozart, oftewel Wolfgang Amadeus Mozart, is onlangs deur Billboard aangewys as die topverkoper vir 2016.

Hy het gewilde popsangers soos Beyoncé, Kanye West, Adéle en Taylor Swift, wat na verwagting met die titel sou wegstap, uitgestof.

Dié klassieke kunstenaar is reeds in 1791 op 35-jarige ouderdom dood aan “ernstige koors”.

Die gesogte titel vir topverkoper is aan Mozart toegeken danksy die Mozart 225: The New Complete Edition-reeks, wat vroeër vanjaar vrygestel is en waarvan al meer as 1,3 miljoen kopieë verkoop is.

Mozart 225 is vervaardig deur Decca and Deutsche Grammophon in samewerking met die Salzburg Mozarteum-stigting.

Bron: Billboard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JC ·

Sjoe, awesome!
Wat van ‘n bietjie Brahms, Bach, Schubert, Beethoven en Liszt hehe!!

Danie ·

Goeie vriende, hoekom nou”awesome” en “love”? Wat van verstommend / is lief vir? Kom ons koester ons taal… Dit is soos goeie musiek wanneer dit suiwer is, of hoe?

Peet Schabort ·

Geen wonder. My radios se naalde is vasgevries op 102.7 FM. Hoekom? Omdat daar van die grootste gemors en nonsens op ander radiostasies uitbasuin word.
Ek is nou behoorlik klas-siek. Pretoria FM en RSG, julle sal moet bykom. Die sug-en-skreeu stemmetjies is nie meer vir my.

Stormrider ·

Ag Peet, jy is ‘n man so na my hart. Ek is seker ons kan groot pelle word. Ek luister al vir jare net na Deano, Glenn en Jonathan. As dit nie vir ClassicFM was nie het ek lankal van my kop afgeraak met die verkeer. Die Afrikaanse musiek industrie se gemors kan ek baie lank nie meer in my lyf inkry nie, en die moderne Engelse pop nog minder. Ek hou van Chopin, Bach, en Tchaikovsky. Doen so voort Peet!

ROELF VENTER ·

ROCK ME AMADEUS!…Dit moet die tyd wees waar regte Rock ‘n’ Roll sy begin gemaak het he he…Ek love die storie van die sogenaamde popsangers wat so uitgestof was…want as daar een ding is wat ek nie kan hanteer nie is wanneer mense se “vocals” reggeruk word met computers en dan groot hits word op radio…maar hoor hulle as hulle “live” optree..veral Katy Perry wat so vals live sing ek kan kots…dis nie eers meer snaaks nie of soos “Miley Virus of Dusbin Bieber” wat op miljoene dollar verhoë sing met al die glitter en goed wat hulle net goed laat lyk….Capiche he he

My tweesent bydrae ·

Die musiek wat vandag gemaak word is nie kwaliteit nie . Klink of alles teen spertye afgehandel word .

Ancara ·

Klassieke musiek enige tyd.Net jammer dat die persone wat dit gekomponeer het en lewe daaraan gegee het so min waardeer was en arm oorlede was.Want kyk nou net om te dink dat Mozart honderde jare na sy tyd nog steeds gewild is.My man sal baie van hierdie stukkie nuus hou want dis al wat hy luister!Klassieke musiek jou ou Doring!

John ·

Ek hoop platewinkels, die byna oorle SAUK en plaaslike stasies kry ‘hartoorplantings’ na’ die nuus. Waar kry jongmense enige opvoeding in klassieke kunsvorms deesdae, tensy ouers en skole pogings aanwend om hulle daaraan bloot te stel? In die ou dae het sommige skole tydens klaswisseling en pouses klassieke musiek oor die interkom en luidsprekers gespeel. Winkels ook. Is daar nog skoolhoofde wat dit durf waag?

Marinda ·

Ek wil tog net sê: Indien daar dalk ‘n kontantprys daaraan verbonde is, sal ek dit graag namens Mozart in ontvangs neem en aan Mozart oorhandig! Laat weet my net. Ek is daar….! Ek stem: klassieke mussiek is wonderlik . Nou nie alles nie,. Party klink ook maar of die kat se stert in die deur vageknyp is . Maar die bekendes soos Chopin, Mozart, Beethoven, Bach, Johan Strauss, Verdi… bring de wonderlikste klanke na vore en is absoluut tydloos!

DPJ ·

Klasieke musiek is die eeniggste musiek wat die tyd(eue) kon weerstaan.
Geniet dit!

HSJ Vorster ·

Hoe sê hulle: If its to load you are to old. Nee, dit moet wees: If its to loud, you are to old.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.