Izaan Reinecke in November 2015 haar debuut-album uitgereik en sy glo dit kon nie op ʼn beter tyd as juis nou gebeur het nie. Sy het vir baie jare haar talent geslyp en haarself goed voorberei om haar stem en liedjies met die wêreld te deel.
Izaan het in Maroela Media se ateljee ʼn draai kom maak en met Esté Meyer Jansen gesels oor haar debuut-album, wat haar naam dra, haar mentors en toekomsplanne vir haar musiek.
Hier is ook ʼn paar van Izaan se gunstelinge:
Gunsteling boek: Die skrywer Francine Rivers se boek Redeeming Love.
Gunsteling flieks: Haar gunsteling Afrikaanse flieks is Semi-Soet en Pad na jou hart, terwyl haar gunstelinge in Engels This means war en Taken is.
Gunsteling kos: Gewone boerekos, eksotiese of Mediterreense disse wat ek nie self by die huis kan maak nie en ʼn lekker sappige stukkie biefstuk soos net my man dit kan braai!
Gunsteling sanger/sangeres: Theuns Jordaan, Bon Jovi, Andriëtte, Riana Nel, Corlea Botha en Karen Zoid is tans my gunsteling sangers.