As ʼn mens na Leon Stols se liedjie “Plaasjapie” luister hoor jy iets van die sanger se hart. Jy besef dan sommer ook gou hoekom sy bynaam Leon Rock Boer is. Dié sanger, oorspronklik van Namibië, het onlangs ʼn draai in Maroela Media se ateljee kom maak.
Leon het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy musiek en sy drome vir sy sangloopbaan.