Oupa Rock

CP Vermaak

Paul Vermaak, oud-leerling van Hoërskool Randburg (2002), het in September vanjaar sy debuut album Oupa Rock onder die naam, CP Vermaak uitgereik.

Paul het sy oorlede oupa, CJ Vermaak (1923-1997), se gedigte getoonset en hiervandaan die album se naam. Hierdie gedigte is eers gevind nadat sy oupa oorlede is en toe saamgevat in ‘n digbundel, Ter Nagedagtenis Aan Coenraad Johannes Vermaak. Die album bevat lewenslesse, verhale van eensaamheid en verlange asook humor, spookstories, nuusstories en verhale oor sy kinders.

Coenraad Johannes Vermaak is oorlede op 24 Mei 1997. Met die huis opruiming na sy dood het die familie afgekom op gedigte wat hy geskryf het deur die loop van sy lewe. Die gedigte is gevind in skoolboeke, agter op ou boeke, op dele van ou kartonne en medisyne boksies. Met die was daar ‘n besef dat daar ‘n groot deel van hom was wat niemand geken het nie.

Paul Vermaak Jr. is gebore 3 Oktober 1984 en het grootgeword in die Vaal Driehoek. Hy het as deel van sy opvoeding leer musiek speel. Paul het as jongman deelgeneem aan beide kultuur- en sportaktiwiteite. In 2007, ‘n dekade na die dood van sy oupa, het hy tot die besef gekom dat die ritme en rym van sy Oupa se gedigte gepas is vir toonsetting.

“Oupa Coen, om jou te leer ken deur jou woorde, iets wat verewig is, roer my hart. Al blyk dit dat jy nie veel gehad het nie, dink ek oupa was verryk soos min ander. Hierdie erfenis beteken so baie vir soveel mense. Deur jou woorde staan jy verewig as ‘n man van wysheid. Dankie vir die jare wat ons met jou kon deel en nog sal deel, al is dit nie in die vlees nie.” Paul Vermaak Jr.

‘n Paar bekendes beskryf die album so:

Koos Kombuis: “Dis baie anders en oorspronklik. My gunsteling liedjie is die een oor die hondjie.”

André Schwartz: “Ek het dit baie geniet – daar is ‘n lekker fresh take op dinge.”

Laurika Rauch: “Ek dink jou CD is uniek en daar sal ‘n mark daarvoor wees.”

Speellys:

  1. My Brakkie Blikkies
  2. Herfs
  3. Ou Reier
  4. As ons verloor
  5. Die Drankie
  6. O Ja! Die T.P.A.
  7. Pinkstermense
  8. Roomysgeval
  9. Die Dood
  10. Paul (se eerste wilde-eende jag)
  11. Hugo
  12. Boeing
  13. Jy
  14. Oom Tienie

http://youtu.be/QR9wTDhY8Vg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.