Partytjietyd vir Kurt Darren op Top-20

Kurt Darren (Foto: Janie Monsieur)

Kurt Darren se jongste enkelsnit, “Party tyd”, maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 17de plek.

“Nonna” bly die week in die no. 1-posisie en is steeds die populêrste liedjie wat die afgelope week gestroom is.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 12 wat daal en een wat onveranderd bly, asook ʼn splinternuwe toetrede.

  1. Appel – “Nonna”
  2. Brendan Peyper – “Sterk soos ʼn leeu”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Snotkop – “Pens & Pootjies”
  5. Brendan Peyper, Elandré, Refentse & Christia Visser – “Ons maak saak”
  6. Tarryn Lamb & Willem Botha – “ʼn Liefde soos die”
  7. Refentse – “What a boytjie”
  8. Biggy – “Dames”
  9. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  10. Ricus Nel ft Snotkop – “’Boerepompie”
  11. Riana Nel – “Ewigheid”
  12. Spoegwolf – “Seile”
  13. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  14. Riana Nel – “Sterker”
  15. Bok van Blerk – “Was”
  16. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  17. Kurt Darren – “Party tyd”
  18. Bok van Blerk – “Een”
  19. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  20. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
VanAfrika

Nie juis meer n groot aanhanger van hom nie. Was een jaar by die Lusito fees, ek staan teen verhoog met my suster se kleinkind, sy was op daardie stadium so 4 jaar oud. Hy roep toe kinders verhoog toe en ek punt met my vinger so bo haar kop dat hy haar moet roep, hy gee haar so een kyk, draai sy rug op haar en hy besluit hy soek haar nie en roep toe ander kinders om saam met hom op die verhoog te dans. Wel, Kurt ek as jou aanhanger het verwag jy doen iets vir my… Lees meer »

Christina

Ek het jare terug my respek vir Kurt verloor. Hy en Patricia Lewis het iewers saam opgetree, kan nie onthou waar nie. Na die vertoning het hy en Patricia by ‘n tafel gaan sit vir handtekeninge op hulle cd’s. Die vloer was redelik glad en die tafel het maklik geskuif soos die mense saamgedrom het vir handtekeninge. Ek glo nie eens die tafel het aan hom geraak nie. Niemand het gestamp en gedruk nie, daar was regtig nie hordes mense nie, sou die man hom mos opruk en opstaan en die mense so vuil kyk gee, asof hulle die tafel… Lees meer »

Elize

Kurt is ‘n pyn waar ek dit nie wil hê nie want hy dink te veel van homself

Wielspore

PARTY TYD, regte bubblegum musiek, sal seker aanklank vind by sekere mense, veral as jy so ‘n paar kappe weg het. Musiek met ‘n boodskap wat die sanger uit sy hart sing is treffers.
Geniet die spring spring spring…. party tyd.