Pierre Rossouw gaan akoesties

Pierre-Rossouw-akoesties

Pierre Rossouw se akoestiese verwerkings van bekende treffers is nou op ‘n album beskikbaar. Foto: Pierre Rossouw se Facebookblad.

In 2012 het die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vir die eerste keer kennis geneem van die Kaapse sanger en liedjieskrywer Pierre Rossouw toe hy die algehele wenner van die werklikheidsreeks Ons soek die sanger.

Intussen is sy eerste Afrikaanse album, Poet van die suburbs uitgereik, en die musiekvideo van die treffer Ekskuus Oom is hieronder te sien. Nou het Pierre op openbare aanvraag ‘n nuwe rigting in sy musiekloopbaan ingeslaan.

Die luisteraars van die Wes-Kaapse radiostasie Bok Radio het sy akoestiese verwerkings van bekende treffers asook sy tong-in-die-kies-nuutskeppinge soveel geniet dat hulle hom as’t ware gesmeek het om ‘n album vry te stel. Die album Bok Radio hits unplugged bevat 20 internasionaal bekende snitte met onder meer kitaar, klavier- en vioolbegeleiding en die vokale talent van Le-Lue en Natisha op twee van die snitte.

Onder die kunstenaars wie se musiek op hierdie versameling gehoor kan word, is John Denver, Johnny Cash, U2, Bruce Springsteen, Leonard Cohen en Creedence Clearwater Revival in. Daarbenewens is treffers soos Every face tells a story van Olivia Newton-John, Summer of ’69 van Bryan Adams, Yesterday’s hero van John Paul Young, Fast car van Tracy Chapman, Go your own way van Fleetwood Mac en Juke box hero van Foreigner ingesluit.

Hierdie album is reeds op iTunes beskikbaar, en sodra ‘n eksemplaar van die album Maroela Media bereik, sal ‘n volledige resensie geplaas word. As ‘n mens egter na die lys snitte daarop kyk, lyk dit asof dit die moeite werd gaan wees om dié album in die hande te kry!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.