Pieter Koen kry 2015 SAMA-benoeming

Pieter Koen kry SAMA-benoeming 2015

Pieter Koen het ‘n SAMA-benoeming ontvang. Foto: Verskaf.

Pieter Koen se album Wat die Hart van Vol Is is benoem vir ’n 2015 SAMA-toekenning.

Die SAMA’s (South African Music Award) bekroon jaarliks Suid-Afrika se topmusiektalent.

“Afgesien daarvan dat ek kinderlik opgewonde is, voel ek nederig bevoorreg om genomineer te wees vir die 2015 SAMA’s. Hetsy ek daardie mooi beeldjie kry of nie, die nominasie voel soos Kersfees in Maart,” het hy gesê.

Wat die Hart van Vol Is bied musiek in verskeie genres om tot ’n wye musiekgehoor te spreek. Die dansmusiek word afgewissel met musiek wat ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte het wat onmiskenbaar die werk van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar is.

Pieter wou met dié album ’n ander benadering tot musiek volg. Liedjieskrywers vir die album sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie.

’n Nuwe enkelsnit, “So hard geval”, gaan binnekort aan radiostasies landwyd uitgereik word.

Wat die Hart van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsig van waar ek nou is. Ek is baie dankbaar,” het hy gesê.

Pieter Koen is ook ’n veldaanbieder vir Kwêla en aanbieder van Jukebox op kykNET en kykNET Musiek elke Saterdagaand.

Die 21ste SAMA-spoggeleentheid vind op 19 April by Sun City plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.