Plaaslike fluitspeler maak geskiedenis

Wouter KellermanDie Suid-Afrikaanse fluitspeler Wouter Kellerman het geskiedenis gemaak deur die eerste plaaslike kunstenaar te word wat vir ‘n Granny-toekenning in die kategorie vir beste New Age-album benoem word.

Kellerman en die Indiese komponis Ricky Kej het saam aan Kellerman se album, Winds of Samsara, gewerk. Hierdie album het onmiddellik die nr. 1-posisie op die Amerikaanse Billboard-trefferslys vir New Age-albums bereik en is geruime tyd al onder die eerste tien. Dit het ook die eerste plek op die ZMR World Radio Charts bereik. Wouter en Ricky werk al omtrent twee jaar aan hierdie projek om die musikale, politieke en kulturele konneksies tussen Suid-Afrika en Indië verder te ontwikkel.

Volgens Kej is dit ‘n voorreg om benoem te word in ‘n kategorie wat al voorheen deur Peter Gabriel asook die groep Enigma gewen is. Hy sê dat die album hulle nie net uitegdaag het om grense te verskuif nie, maar dit so te doen dat dit musiek as universiële taal uitbeeld.

Kellerman se album Two voices het in 2011 die SAMA (South African Music Association)-toekenning as beste instrumentale album van die jaar gewen en sedertdien het hy al in Berlyn, Sydney, New York en Washington DC opgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.