Plaaslike sanger finalis in internasionale videokompetisie

Jennifer Zamudio CD Cover DIE LEWE IS 'N LIEDJIE 300

Jennifer Zamudio het die weeklikse ronde vir die internasionale musiekvideokompetisie, SuperXtar, gewen. Argieffote.

Die Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio, het die weeklikse ronde van die internasionale musiekvideokompetisie gewen waaroor Maroela Media voorheen berig het.

Dié internasionale musiekvideokompetisie, SuperXtar, het vir vier weke lank 10 – 12 video’s aanlyn geplaas, waarvoor aanhangers en besoekers kon stem. Jennifer het onder meer ook in die kompetisie teen Lianie May se musiekvideo vir “Naweeklyfie” meegeding en haar uitgestof.

Die uitslag van dié ronde is op 9 Desember bekendgemaak. Jennifer gaan in die komende jaar in die maandelikse ronde meeding. In dié ronde gaan sy teen die ander drie weeklikse wenners meeding. Die ronde gaan vir 12 maande duur waarin vier kunstenaars per maand meeding. Indien sy die maandelikse ronde ook sou wen, gaan sy in die finale ronde in Tennessee teen die 12 maandelikse wenners meeding.

Hoewel daar in die laaste paar minute van die weeklikse ronde slegs ʼn enkele paar stemme tussen haar en ʼn sanger van Portugal is, het sy op die ou end byna loshande gewen. Jennifer sê dit is oorweldigend. “Dit is net te danke aan ondersteuning van my familie, vriende en aanhangers. Ons hou duim vas vir die maandelikse ronde.”

Met dié oorwinning is Jennifer die eerste Afrikaanse sangeres wat deurgedring het na die maandelikse ronde van die kompetisie. Die stemme vir die maandelikse ronde maak op 7 Januarie oop en sluit op 14 Januarie 2016. As jy wil stem, besoek SuperXtar se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lizelda ·

Jennifer is werklik n baie talentvolle sangeres maar voel persoonlik dat sy te min na groot feeste genooi word en waarom tree sy nooit op by Huisgenoot Skouspel nie? Haar liedjies het smaakvolle betekenis.

Joe ·

Well done Jennifer ….. ek is absoluut baie mal oor jou musiek & geniet dit om na jou te luister . …. Jy is baie talent vol & jou musiek is beslis iets om na te luister ….. weel done & baie sterkte vorentoe met jou loop baan ….. sal jou altyd ondersteun wat jou cd’s aan betref ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.